Pak jy dié vakansie die N7 aan? Dan het ons die ideale gids vir jou ─ Kardoesie Country Stop en West Coast Way SA het ’n nuttige lysie van stopplekke op dié langpadroete saamgestel sodat jy jou eie selfry-toer kan beplan! Die platteland vanaf Piketberg tot Garies het soveel eiesoortige en versteekte afsaalplekke en besienswaardighede waarvan die meeste van ons glad nie bewus is nie.

Ons het saam met West Coast Way se Carmen Lerm ons eie langpadrit op die Wild Route (“People Rocking Nature”) aangepak om self te gaan kyk wat alles op dié roete skuil. Hier is sewe voorstelle vir waar jy en jou reisgenote kan gaan bene rek op die N7!

7stopsn7 7 stops kardoesie

Piketberg

Moenie sommer net by dié dorp se naaste vulstasie gaan stop nie. Ry deur die middedorp, gaan neem ’n foto van die pragtige Neo-Gotiese NG Kerk en stop by die toerismekantoor wat in ’n ou moskee gevestig is.

WCW 7@N7-0061

In Piket-Bo-Berg, ’n entjie na die Versveldpas, is daar ’n self-volhoubare ekoplaas met die naam Kruistementvlei wat “groen”-wees spot maklik laat lyk! Die plaas se verblyf en die plaas self word met natuurlike materiaal bedryf en jy sal nie glo hoe glad jou daaglikse roetine sonder die moderne tierlantyntjies kan verloop nie. Daar is ook ’n spul doendinge en werkswinkels waarby gaste betrokke kan raak.

page

Citrusdal

Kardoesie Plaasstal en Akkommodasie op die Piekenierskloofpas is die hartjie van die N7-roete. Hier kan jy gerus stop vir hul bekende Namakwa-ontbyt, middagete, koffie, gratis WiFi en plaaslike lekkernye en padkos soos rooibos-limonade en sitruslekkertjies. Jy kan hier ook meer oor die res van die #7StopsN7-roete uitvind as jy twyfel waar om volgende te stop!

page

’n Mens kan darem nie die land se sitrusmekka besoek en dan nie genoeg sitrusvrugte koop of proe nie! Buiten sitrusvrugte en doendinge soos bergfietsry, perdry, vierwielmotorfietsry, rotstekeninge, voetslaan en verskeie 4×4-roetes, bied die dorp ook geskiedkundige en kultuurdoendinge.

Bovlei Gasteplaas

Die Sandveldhuisie is beslis die mees karaktervolle en die kleurvolste toerismekantoor wat jy in jou lewe te sien sal kry! Gaan loer gerus daar in vir ’n koffie, klets met die vriendelike toerismespan en verwonder jou aan al die mooigoed wat daar binne skuil. Net langs dié huisie is die Citrusdal Dorpsmuseum waar jy meer kan leer oor die dorp se fassinerende geskiedenis.

page

Net langs dié huisie is die Citrusdal Dorpsmuseum waar jy meer kan leer oor die dorp se fassinerende geskiedenis en waar die toerismespan tans ’n bemagtigingsprojek met kunsvlyt bedryf. 

page

Clanwilliam

Buiten die reuse dam wat uiters gewild onder watersportliefhebbers is, bied Clanwilliam iets wat elke trotse Suid-Afrikaner en teeliefhebber se hart sal verbly ─ rooibostee! Hier kan jy alles van proesessies tot plaastoere beleef, en na die tyd uit verskeie gewilde rooibosprodukte kies en keur.

WCW 7@N7-0520

Die Rooibos-teehuis verkoop verskeie teeprodukte en bied ’n insiggewende proesessie waar jy self sewe teesoorte kan proe. Jy kan ook saam met jou proesessie aan ’n heerlike kolwyntjie met ’n tikkie rooibos smul. Kom leer ’n bietjie meer oor een van ons land se lekkerste en gewildste plaaslike produkte!

page

As jy nie lief is vir rooibostee nie kan jy ook net in die dorp gaan rondwandel, die Old Gaol Museum besoek, of net by die oulike winkels in die middedorp inloer.

Wuppertal

Dié dorp is die perfekte plek om te stop as jy eenvoudig wil ontspan of gaan voetslaan, bergfietsry of voëlkyk. Jy kan ook net rustig in die dorpie gaan rondstap, die Morawiese kerk gaan bewonder en ’n paar foto’s van die afgewitte huisies gaan neem.

00000-Church-Wuppertal-s

Iets wat die dorp van ander dorpe op dié roete onderskei, is die ou Strassbergers-leerskoenfabriek wat steeds bestaan en kenmerkende velskoene verkoop ─ dalk is dit tyd dat jy ’n nuwe paar aanskaf!

strassbergers-handmade-leather-shoes-14032633143

Vanrhynsdorp

Alhoewel Vanrhynsdorp veral tydens die blommeseisoen die ideale plek is om Namakwaland te verken, is dit regdeur die jaar ook ’n lekker stopplek as jy enigsins in vetplante en voëlkyk belangstel.

Maskam Guest Farm

Die grootste besienswaardigheid is die Old Gaol Museum wat destyds ’n tronk was en deesdae ’n restaurant en winkel met antiekware en vetplante het. Die laaste gevangenes is in die 1930’s al daar weg, maar die dorp se inwoners glo van hulle spook nog in die ou selle!

Vanrhynsdorp-The-Old-Jail

Nieuwoudtville

Niewoudtville bied meer as net ou huisies, ’n windpomp en verlate bome op oop vlaktes. Gaan stop gerus by die majestueuse Neo-Gotiese sandsteenkerk, kokerboomwoud buite die dorp en die veldblomreservaat.

Niewoudtville_Dutch_Reformed_Church Suzi-k

Eet ’n heilsame bord boerekos by Die Nedersetting Restaurant of gaan drink ’n drankie by Niewoudtville Hotel se gesellige kroeg. As jy belangstel in “vintage” motors en motorfietse, sal jy beslis nie Protea Motors, die enigste vulstasie in die dorp, miskyk nie.

Protea-Motors-in-Nieuwoudtville-has-various-surprises-in-store

Garies

Dié dorpie is nou wel dalk in die middel van nêrens, maar dit is ook die halfpadstop tussen die Kaap en Namibië. In die blommeseisoen word dié semi-woestyndorpie mooi getooi in ’n blommetapyt ─ die Skilpad Veldblomreservaat is immers net om die draai!

Agama Tentekamp

Gaan loer gerus ook in by Sophia Guest House om die eienaardige en kreatiewe dekor uit hergebruikte produkte te bewonder. In Garies sal jy waarskynlik ook ’n paar vreemde tale en aksente hoor omdat reisigers van heinde en verre kom om dié buitengewone bestemming aan die voet van die Kamiesberg te verken!

Agama Tentekamp2

Untitled design (1)

Hoewel jy dié interessante roete en sy stopplekke waarskynlik in een dag kan aanpak, kan jy gerus ook langs die pad by een van ons blyplekke oorslaap om só elke dorp langs die roete behoorlik te verken. Kliek op die bestemming hieronder waar jy graag jou blyplek wil bespreek:

Piketberg | Citrusdal | Clanwilliam | WuppertalVanrhynsdorp | Nieuwoudtville | Garies

Hooffoto: Jakkalswater Gasteplaas (LekkeSlaap-profiel)

Ander foto’s: Pieter Wolhüter, tensy anders vermeld.