Citrusdal lê in die Olifantsriviervallei, sowat twee uur se ry van Kaapstad af. Vir Kapenaars wie se motors al die Tuinroete en die Weskuspad op autopilot ry, is dit dalk ’n goeie idee om die dal van sitrus vir ’n slag te besoek. Hiérdie Kapenaar het al ’n hele paar keer op die N7 geklim om die stad se rumoer vir ’n oomblik agter te laat. Wanneer die Piekenierskloofpas se hoogste draai om die laaste rotsblok swaai, word mens beloon met ’n oorrompelende uitsig: Citrusdal lê en dut tussen lemoenboorde en landerye, en op die horison ontwaak die majestueuse Sederberge.

Moet my nie verkeerd verstaan nie ─ dit is definitief die moeite werd om die Sederberge se brutale skoonheid van naderby te aanskou, en daar is ’n hele paar redes waarom duisende mense elke jaar aanhou met dié pad tot by Namibië. Maar as jy nie kans sien vir die langpad nie, of as jy hierdie jaar jou sente al ’n paar keer moes omdraai, is daar sewe redes waarom ’n naweek op Citrusdal so reg in jou kraal sal val.

7 Doendinge: 

1. Zipline

Beleef ’n professionele foefieslaaid by Piekenierskloof se Zipline.

piekenierskloof.co.za

2. 4×4

Klits die modder op in jou 4×4 by KoningskopMarcuskraal, en Bosrivier Campsite.

3. Gholf

Kyk hoe lyk ’n gholfballetjie teen die wasige Sederberg-agtergrond. Kliek hier vir meer inligting.

4. Visvang

Vang reënboogforel, karp of baars in die Olifantsrivier. Help op dié manier om ontslae te raak van hierdie kalante wat die lewe so moeilik maak vir die delikate, bedreigde vurige rooivlerkie wat net in dié geweste voorkom. Kliek hier vir meer inligting.

Closeup of rainbow trout caught in river

5. Stap en Fietsry

Pomp jou bergfiets se wiele of maak jou stapskoene se veters styf vas en durf een van die roetes in die omgewing aan.

6. Rotsklim

Stof jou hande met kalk af, maak seker jou harnas is mooi vas, en klouter soos Kees se kind teen die Sederberge se prehistoriese rotse uit.

http://dirtyboots.co.za/

7. Rotskuns

Besoek ’n San-kunsuitstalling – daar is heelwat rotskuns in die rantjies en klowe rondom Citrusdal.

ErikBrits

7 Lekke Blyplekke

Kunje Guest Farm

24dbd9b70a3d8720121baa5c671be2085f20aa491402496699566

Kagga Kamma Nature Reserve

e82138500041c4350382429201181c41668226721455263273327

Piekenierskloof Mountain Lodge

52f6fc6e3d6657d5be6a0edef3d1eda290f9aa0412662239216

Bydidam Resort

4024980a35428981125ab18870dcd7ce6017d9c8133121672579

Aan d’Oewer B&B

101d6c51ccdca95b7d8fc96c28cf432b524cd7dd1376461002862

Cedar Kloof Camping Villages

2f3a733288c64b8d5c866c7f3254d836f7c8512a1449672538659

Starry Nights

587be94d18e5d9b9019b10da127bba3519498ddc1459778018550

So, as die winter soos ’n kaal vlakte voor jou uitgestrek lê, vat die pad na Citrusdal. Die berge, natuur en avontuur sal die winter se yskoue kloue in ’n japtrap laat smelt!

Hooffoto: Bigstock

Al die foto’s kom van instansieprofiele, tensy anders aangedui.