Geverifieerde Resensie
Buffalo City
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Buffalo City bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 654 resensies.
"Kidd's beach het alles wat jy nodig het. Daar is n dokter en veearts. Die OK hou alles aan wat jy nodig het."
"Gonubie het baie beperkte toeriste-attraksies en is wel beskikbaar in omliggende areas waar jy sal moet ry om dit te kan benuttig."
"Rustige stranddorp in 'n lieflike omgewing met baie besienswaardige. Sal volgende keer langer daar wil vertoef."
"Heerlike strand, geskik vir klein kindertjies. Baie rotspoele waar kinders en honde kan baljaar. "
"Country Klub met 'n lieflike golfbaan, twee riviermonde wat uitmond in die see, met 'n lieflike strandjie tussenin, en rotse waar branders eindeloos teen breek om jou gemoed te stil. Klein markies in die Yellow Forrest Camp, en as jy gelukkig is en op regte tyd by Keimond besoek aflê 'n kerkbasaar met heerlike tuisgebak! Definitief nie 'n moderne kusdorpie nie, maar 'n plekkie wat jou alles bied wat jy nodig het om gemaklik te wees!"
"Dit was 'n nuwe ervaring, eerste keer in Gonubie. Sal weer daar gaan bly."
"Ideale area om as basis vir vakansies en reise na omliggende plekke te dien."
"Die area en natuurskoon is pragtig en ons het regtig te alle tye veilig gevoel. Die superette (kafee) op Cintsa Oos was net vir ons teleurstellend en het nie als gehad wat ons nodig gehad het nie. Koop dus eerder jou eetgoed ens. klaar op Oos-Londen of waar ook al, voor jy deurry na Cintsa Oos. Die Crossways winkelsentrum net 'n entjie van daar af het egter ook al die nodige winkels gehad. Die paaie was beter as wat ons verwag het en mens kan lekker op ry tot by Morganbaai en Keimond en daar was nie te veel slaggate nie."
King Williams Town, Buffelstad
Dreamers Guesthouse"Keep doing what you do best, it’s working for you. I will definitely come back in the near future."
"Bitter klein dorpie, maar bied alles wat mens nodig het. Ek het nie meer verwag nie. Die rit oor die rivier met die pont was 'n aangename verrassing."
"Quiet area away from the City Centre, but close enough to all the suburbs in East London. "