Verified Reviews
Buffalo City
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Buffalo City
Rated 4.4 out of 5 based on 666 reviews.
"Pragtige strand en lagoon! Heerlike kos by restaurante. 'n Lekker vakansie rusplek!"
"Baie lekker plek sal weer soontoe gaan, weer was baie lekker en warm."
"Baie beïndruk. Strande is pragtig en ek dink nie mense besef hoe mooi dit is daar nie. Stad is maar vuil op meeste plekke, maar as jy weet waarheen om te gaan, sal mense aangenaam verras wees. Oos-Londen se vismark het die beste vis en chips in Suid-Afrika en Friesland beskik oor die beste melkskommel. Ek sal definitief weer Oos-Londen besoek."
Gxarha (Morgan's Bay), Buffalo City
Yellowwood Forest Camping and Accommodation"Ongelooflike mooi dorpie, nog een van die plekke wat nie vernietig is nie."
Gxarha (Morgan's Bay), Buffalo City
Yellowwood Forest Camping and Accommodation"Pragtig! Heerlike kos, asemrowende landskap en uitkyk opsies, 'n gerieflike winkel waar mens al jou inkopies onder een dak kan doen en pragtige strande. "
Chintsa (Cintsa), Buffalo City
Schafli Manor"The long beach is great, but the place seems a bit rundown and an aggressive car guard by the beach a bit unpleasant. "
"Die dorp was smerig vuil en vullis het letterlik oral uitgepeul. Dit het 'n slegte indruk gemaak."
"Die ligging is lekker. Uit Oos-Londen, maar naby genoeg om soontoe te ry."
"Soveel om te sien, te besoek en te doen in omgewing. 'n Naweek is te kort om alle natuur, uitstappe en sportgeleenthede te beleef. Lokale mense deel graag inligting oor wat en waar."
"Gonubie is 'n baie lekker rustige bestemming vir 'n kort vakansie by die see. Enigste probleempie, as jy die dag nie kan see toe gaan nie, is daar nie veel ander aktiwiteite vir kinders nie."
"Great community close to awesome beach and great places to go have fun. Pancake house is a definite."
"Rustige plekkie. As jy ontspanning nodig het, is dit die plek om na toe te gaan."