Geverifieerde Resensie
Buffalo City
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Buffalo City bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 661 resensies.
Gxarha (Morganbaai), Buffelstad
Yellowwood Forest Camping and Accommodation"Lovely, friendly town."
"Ons het 'n pragtige onverwagte Mahem Kraanvoël by 'n reservaat in die middel van die dorp gesien. Daar is ook 'n lekker stap-roete van die strand tot by die riviermond."
Gxarha (Morganbaai), Buffelstad
Plan B"Baie mooi uitsig. Lekker staproetes op die strand en langs die bergkloof. Hotel se restaurant is baie gerieflik, maar mens sal moet bietjie uitry vir kruideniersware en ander aktiwiteite."
"Ek kan nie glo dit het ons so lank gevat om hier te kom vakansie hou nie. 'n Paradys - hierdie tipe juwele in Suid-Afrika moet baie mooi opgepas en deur die toerismebedryf ondersteun word."
"Oos-Londen is so mooi met die rivier en die mooi huise op die wal van die rivier, dit laat my dink aan Sydney, Australia. "
"Cintsa is beeldskoon. Almal is vriendelik en die natuur om jou is onbeskryflik mooi!"
"In Cintsa West i's n restaurant, Die Dek is sy naam. Puik diens, en kos vir konings."
"Gonubie is 'n aangename vakansiebestemming met als wat jy nodig het in 'n radius van 'n paar kilometer."
"Gonubie is 'n oulike dorpie as jy baie rustig wil wees en vroeg in die aand by die huis wil wees, aangesien daar nie veel plekkies is om te besoek nie. Die Hemingways Mall in Oos-Londen is 'n moet om te besoek!"
"Pragtige dorp met interessante natuurskoon en fasiliteite - rivier, strand, lang plank-wandelpad."