Verified Reviews
Erongo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Erongo
Rated 4.6 out of 5 based on 204 reviews.
"Dit is 'n stil en veilige ontspaningsplek met die see naby en 'n gerieflike strand met restaurant."
"Die verblyf was aangenaam. Fasiliteite was goed. Daar is `n winkeltjie en tipe slaghuis waar mens die nodige kon aankoop."
"As see uitsig nie belangrik is, is dit heerlik stil en buurt is netjies met Spar naby vir benodigdhede."
"Pragtige dorpie. Kan beslis GO FISHING restaurant aanbeveel. Heerlik geëet."
"Die diensstasie op langstrand maak dit baie gerieflik om nou daar te bly. Met al die nodige om die draai."
"It's a wonderful beach environment, no shops or restaurants in Langstrand except the filling station close by with car wash and basic shop. But it is conveniently situated between Swakopmund and Walvis Bay, just 12 km to either, so super easy to get to shops and restaurants either way."
"Naby aan Swakop se middedorp, strande, Dome met sportaktiwiteite en message/spa geriewe by nabygeleë hotel."
"Uis het nie veel om toeriste te bied behalwe die Brandberg. Beplan jou reis om egter vroeg in die oggende die berg te gaan stap. "
"Langstrand is die ideale plek om te bly as jy Walvisbaai, Swakopmund en omgewing wil verken."
"Walvisbaai is 'n opkomende deel van die Namibiese kus wat grootliks voorsiening maak vir die toeriste deur middel van nuwe inkopiesentrums, asook die waterfront gedeelte met eetplekke en koffiewinkeltjies. Walvisbaai is ook nie te ver geleë vanaf Swakopmund met sy Duitse agtergrond en geboue nie. "
"Vineta is sentraal geleë in Swakopmund, naby alles wat 'n toeris of sakereisiger nodig het, maar stil en rustig."