Geverifieerde Resensie
Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 742 resensies.
"Silverfields is 'n lekker gebied om in te bly as jy op vakanasie is. Dis naby 'n avontuurpark met vryval, voetslaan, ensovoorts."
"Close to the airport and Sandton - loved it. Easy traffic. Lanseria is a beautiful holiday destination"
"Ek hou van die omgewing, maar het nie tyd gehad om meer te verken nie. Lekker 'vibe'. "
"Nie regtig 'n toeriste bestemming nie, ons bly in sulke areas as ons vir die familie kuier."
"I love the street where we stayed. All the small restaurants and shops surely gives you a holiday feeling."
"Ons moes naby die hospitaal wees, en die verblyf was ideaal. Dit is egter vir my moeilik om dit as 'n toeristebestemming te gradeer, omdat ons dit nie in daardie hoedanigheid besoek het nie."
"Te kort verblyf om kommentaar te regverdig. Nie eie voertuig gehad nie - met Uber gereis."
"Daar is nie veel vir 'n toeris om te doen nie behalwe om die winkelsentrums te besoek."
"Nuwe opgradering is goed. In- en uitgang bly maar 'n pyn, vooraf kaartjies help. Die toegangsbrug is 'n bottelnek na en van die binnekant van baan. Hulle kan kyk na 'n "duikweg" addisioneel. Dit bly 'n lekker venue vir enige "petrolhead". Vanaf 1973 was ek gereeld daar en die "memories" is baie en goed. Ek's dankbaar 'n man soos Toby Venter het beheer gevat en ons kan sien die kwaliteit is al reeds baie beter en is Kyalami weer die #1 renbaan in SA."
"Parkview is 'n rustige woonbuurt baie naby aan die Wits-kampus en dus baie geskik vir my doel, want dit is nie nodig om op die M1 te gaan om by by Wits uit te kom nie. Dit is ook sentraal genoeg vir toeriste."
"Ek sal in die toekoms net van Lanseria af vlieg na ander bestemmings in SA. Rustige atmosfeer, maklike verkeer tot en van daar, naby aan Pretoria."
"Baie om te sien en doen in 'n klein area, maar met 'n stywe beursie!"