Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1921 resensies.
"Het meer die Groter-Upington besoek, gaan besoek gerus Augrabieswaterval en ‘n rit op Sakkie se ark is ‘n besliste moet."
"Ek is bietjie teleurgesteld in Keimoes. Tierberg is moo,i maar die glas stukke en stukkende drankbottels lê wyd verspreid. Mense is darem baie vriendelik en hulpvaardig. "
"Nee kyk dis tussen niks en nêrens, maar 'n great plek om te rus op die lang reis na die bo Wes-Kaap. Die Pienk Padstal was so oulik!"
"Not much to do around the area, except to go for the excellent wine tasting experience at the orange river cellars tasting room in Upington. "
"Ons was verstom oor die pragtige wingerde en vrugte boorde te midde van die droë landskap. So inspirerende. Tog so jammer dat daar selfs op hierdie afgeleë plekke soveel rommel rondwaai."
"Kalahari is a good place to relax away from the noise and to connect to nature."
"Vodacom se netwerk is baie swak deur die hele Kuruman. Ons het vreeslik gesukkel om selfoonsein te kry vir die meerderheid van die tyd wat ons daar was. Baie van die areas is onveilig, so maak seker besprekings vir akkommodasie word in veilige areas gemaak."
"Dit is 'n rustige area vir tydelike akkommodasie vir enige reisiger."
"Augrabies valle. Die plek kort aandag. Vlieë- en pesbeheer is nul. Restaurant moet liewer toemaak. Dagbesoekkostes regverdig nie wat jy kry nie."
"Die Kalahari, is enige toeris, vanuit die binne- of buiteland, se droombesoek. Kom ons werk almal pro-aktief daaraan, om hierdie gedeelte van ons land te bemark, as 'n toerismebestemming en daardeur waarde toe te voeg tot die lewenskwaliteit van die streek se inwoners."
"Just for the waterfalls. The location is beautiful, but camping needs a serious look at."
"Almal in Kathu het ons baie vriendelik ontvang en het uit hul pad gegaan om ons verblyf aangenaam te maak."
"Was heel verras dat alles groen was en nie droog soos op pad soontoe nie. Baie vriendelike mense pragtige golfbane!"