Verified Reviews
Kruger National Park South
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kruger National Park South
Rated 4.6 out of 5 based on 2019 reviews.
Marloth Park, Kruger National Park South
Zinkwazibush"Die winkeleienaars is nie baie behulpsaam om inligting te gee oor mekaar nie. Ek het by verskeie winkels omgegaan om te vra waar Daisy's Den was. Een eienaar het nie "geweet" waar dit was nie (alhoewel sy reeds 20 jaar daar woon!) en die ander een het my heel in verkeerde rigting ingestuur net om uit te vind die winkel is 20 meter verder. Dankie vir Daisy's Den se mense wat so behulpsaam en vriendelik was. Ek waardeer dit."
Marloth Park, Kruger National Park South
Visarend's Roep"Ongelukkig is die grondpaaie in Marlothpark in 'n slegte toestand en het aandag nodig."
Marloth Park, Kruger National Park South
Phumangeni Marloth Park"Lekker geleë teen die Krokodilrivier en natuurlik net 'n klipgooi van die Kruger af."
Marloth Park, Kruger National Park South
Die Hartbeeshuisie"Besoek Marloth vir die laaste 28 jaar ongeveer 3 keer 'n jaar. Sal die 400 km met plesier ry vir die rustigheid."
Marloth Park, Kruger National Park South
Korhaan Self-Catering Cottage"Marloth bly nou maar net ’n diamant van ’n bestemming. Dit verskaf rus vir die siel en soveel meer."
Marloth Park, Kruger National Park South
Doringpoort Luxury Holiday Home"Marloth park is minute van die Kruger Wildtuin se Krokodilbrug hek af, net met goedkoper en gemakliker verblyf en meer om te doen wanneer die kinders moeg raak vir wildsritte. Marloth is stil en vreedsaam en pure bos - jy mag heel moontlik kameelperde, zebras, blouwildebeeste, rooibokke, muishonde en koedoes raakloop as jy bietjie gaan stap, of sommer op jou stoep as daar 'n voertrof of water naby is. Gaan slaap met die gebrul van leeus in die agtergrond en word wakker met die geroep van die visarend."
Marloth Park, Kruger National Park South
Phumangeni Marloth Park"Baie skoon en netjies. Heerlik in die bos met al die geriewe."
Marloth Park, Kruger National Park South
Hyenas Call"Don't buy braai wood at the gates to Marlothpark as it's usually wet! Buy from the winkel."
Marloth Park, Kruger National Park South
Martys Place"Marloth Park is baie besig rondom Olifantstraat. Ons verkies om nie meer naby Olifantstraat te bly nie, want die gewoel is net te veel. Die bos-ervaring is reeds daarmee heen. Ons hoop dat die res nog behoue sal bly soos die verblyf nader aan die rivier beweeg."
Marloth Park, Kruger National Park South
Hornbill's Nest Tree Top chalets"Dis altyd 'n goeie rustydjie."
Marloth Park, Kruger National Park South
Marloth Getaway"'n Dorpie wat besig is om geweldig uit te brei. Die besigheidsmense moet dit nie agterwee laat nie, so moenie die mense wat gereeld daar kom, elke keer verras met stygende pryse nie. Daar is dié wat vergeet mense stop op Malelane of elders om inkopies te doen. Mense koop as hulle regtig vasbrand daar. Die paaie is skokkend vanaf twee maande gelede, onrybaar met 'n motor behalwe 'n 4x4, niks is sedertdien gedoen om dit rybaar te maak nie wat mense twee keer laat dink om weer te kom. Tariewe vir vakansiehuise het belaglik duur geword en sommige eienaars vra tariewe per persoon as jy die hele huis huur wat 6 mense kan slaap met beperkte geriewe. "
Marloth Park, Kruger National Park South
Big Tuskers Bush Camp"Die grondpaaie is regtig baie sleg so as jy nie 'n bakkie het nie kan jy nie na die rivier se kant toe ry om die diere te kyk nie."
Marloth Park, Kruger National Park South
Kudus Crest Bush Retreat"Loved the restaurant right on the Crocodile River. What a view. Marloth has everything you need, even a lovely bakery."
Marloth Park, Kruger National Park South
Kruger Maroela Lodge & Spa"Beautiful place, just love it."
Marloth Park, Kruger National Park South
Maningwe"Marlothpark, is 'n pragplek. Geniet die stil natuurskoonlewe daar."
Marloth Park, Kruger National Park South
Klein Paradys"For first timers to Marloth Park, like ourselves, the sand and rough roads should be advertised, so one is prepared."
Hazyview-Vakansiedorp, Kruger National Park South
Tatenda Guesthouse"Naby die Krugerwildtuin en het baie lekker restaurante om van te kies."
Marloth Park, Kruger National Park South
La Kruger Lifestyle Lodge"Awesome place for a safari and much more adventurous fun."
Marloth Park, Kruger National Park South
4230 Impala"The sand roads are definitely not made for normal cars."
Marloth Park, Kruger National Park South
951 Geelvis"Marloth is a lekker en rustige plek om na die natuur ta gaan kyk."
Marloth Park, Kruger National Park South
Phumangeni Marloth Park"Baie lekker plek om te bly buite die Kruger met baie diere en genoeg geriewe. Die veiligheid van die oord/dorp moet verbeter word. Daar is reëls dat mense nie tussen 18:00 en -5:00 mag rondloop nie omdat daar leeus en ander wild by die oord kan inkom, maar daar is geen manier om 100% seker te wees dat die gevaar weg is in die middel van die dag nie, en gate in die heining bevestig dat daar probleme kan wees. Leeuspruit binne Marloth was wel ’n teleurstelling - Die bome deur die hele park is te dig om wild te kan sien en mens sien meer wild in Marloth self en glo mens het beter kans om leeus ens. te sien van die Krugerwildtuin se grensheinings wat oor die Krokodilrivier kyk."
Marloth Park, Kruger National Park South
Acacia Bush Cottage"Die pad langs die wildtuin draad is toe as gevolg van vespoelings. Baie mense gaan om langs die draad te ry, so ek sal aanbeveel dat hulle dit so gou moontlik regmaak en dalk nog so paar roetes bysit."
Marloth Park, Kruger National Park South
Kruger River Villas The Loft"Ons het al by 'n paar plekkies gebly in Marloth Park en elke liewe keer het ons dit absoluut geniet! Die natuur is net wat jou siel nodig het om bietjie te ontspan."