Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1540 resensies.
"Margate en omgewing is pragtig en fantasties. Hartseer wat Covid aan besighede doen. Ongelukkig het ons met Covid teruggekom. Maar niemand te blameer daarvoor nie, want ons het baie rondgery."
"Ons was baie beïndruk na al die negatiewe kommentaar wat ons ontvang het oor Margate."
"Was lekker om bietjie meer aan die buitewyk te bly waar dit stiller is, en tog te weet alle noodsaaklikhede is naby genoeg."
"Baie slaggate wat nie reggemaak word nie. Meer toeriste aantreklikhede en vermaak (anders as restaurante) en spesiale of dalk eksklusiewe winkeltjies soos in die ou dae is nodig."
"Margate in general had quite a lot of trash lying around in the streets. I loved the market."
"Margate is oorbevolk met toeriste, gelukkig is Ramsgate, Uvongo, Shelly en ander binne minute se ry."
"Ons gaan al vir baie jare Margate toe en ons kon nie glo hoe agteruit die dorp gaan nie. Ons verstaan met Covid het dit met baie besighede sleg gegaan, maar daar is nie veel instandhouding van die woonstel-geboue nie. Ons het op 'n deel gaan stap waar die pad blykbaar al 'n hele ruk terug verspoel het en die stappaadjie is gebreek en eintlik baie gevaarlik, maar dit word nie herstel nie. Dit is so gevaarlik dat die pad toegemaak is sodat motors nie daar mag ry nie. Oor die algemeen is Margate die beste vakansiebestemming, maar dit stel bietjie teleur - met al die toeriste wat steeds daarheen gaan kan daar tog sekerlik instandhouding gedoen word."
"If they can sort out the water problem, Margate is a good place to visit. The beach was clean and never full and so were the local restaurants."
"Ongeag die Covid-demper was die publiek en winkel-personeel baie vriendelik en behulpsaam. Die Suidkus altyd 'n vriendelike bestemming."
"Fantastiese plek maar nie genoeg eetpkekke nie en die paaie is sleg van die slaggate."
"Margate self is oorvol, maar Ramsgate is fantasties met 5 sterre. So baie om daar te doen en te ervaar."
"Ramsgate is rustig en voldoen aan behoeftes. Margate self is egter nie meer op standaard nie."
"The town could do with an upgrade and municipality must invest in more tourist attractions."