Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6002 resensies.
"The entrance to the tourist information next to Wimpy was disgusting as it was littered with boxes and rubbish bags. Keep your pretty little town clean! Not a good sight. "
"Marloth Park bied alles wat jy benodig. Sou graag meer inligtingstukke by die inkopiesentrum of elders beskikbaar wou hê sodat 'n persoon nie oningelig is nie. Die mense is vriendelik en behulpsaam. "
"Kunstige dorpie, maar 'n mens gaan tog nie vir die winkels en restaurant nie, maar vir die kaggelvure, rooiwyn en forel!"
"Die natuuraktiwiteite en padaanwysings buite die dorp kon beter geadverteer word onder meer die pad na die Verloren Vallei-natuurreservaat. Baie winkeltjies was op Maandae en Dinsdae gesluit en teleurstellend. Daar is caie eetplekke, maar ons sou graag 'n groter verskeidenheid winkeltjies wou sien. Verder baie rustig en lekker gerus. Die omgewing is lieflik met grasvelde, vleilande, riviertjies en damme."
"Klein dorpie, maar daar is alles wat 'n mens nodig het. Die Long Tom-pas was pragtig, maar senutergend in die mis. Daar is pragtige uitsigte op pad na Sabie."