Geverifieerde Resensie
Baviaanskloof
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Baviaanskloof bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 139 resensies.
"Die Baviaanskloof self is 'n ervaring soos min en een van die "moet doen" dinge as jy lief is vir die agterpaaie. Ons het die roete met 'n "sagte" sportnutsvoertuig (met goeie grondvryhoogte) aangedurf na goeie reën - en steeds die roete maklik voltooi. Vriendelike mede-gebruikers het die tog verder aangenaam gemaak."
"Koop wat jy nodig het voor jy daar aankom of maak seker jy kan kry wat jy wil koop. Beperkte winkels beskikbaar."
"Die natuur is 'n belewenis maar as jy deur die wildernisgebied wil ry het jy verseker ten minste 'n hoë voertuig met "diff lock" of 'n 4x4 nodig."
"Die mense is almal baie vriendelik, die omgewing baie mooi en daar is heerlike eetplekke nie te ver van die dorpie af nie, bv. by Joubertina en Twee Rivieren."
"Wonderlike klein plekkie, skoon. Het 'n stop by die nuwe vulstasie gedoen, vriendelike diens, en lekker kos."
"Joub's is aan te beveel vir hul wegneemetes. Redelike prys en smaaklik en teen die hoofpad geleë."
"As jy tyd en 'n hoë voertuig het, ry gerus die Onder-Kouga sirkelroete, dis 'n pragtige omgewing!"
"Dit is 'n besonderse ervaring om die grootheid van die Kloof om jou te voel. Daar is kort-kort 'n lekker plekkie waar mens kan stop vir lekker boeretroos, gemmerbier of vetkoek."
"Die plek is rêrig wonderlik. Ek sal enige persoon egter aanbeveel om 'n ordentlike 4x4 te bestuur voor hy die kloof wil aandurf! "