Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3581 resensies.
"Die dorpie self is nie baie aanloklik nie, maar die ligging rondom is fantasties en alles is naby genoeg om vinnig te bereik."
"Die strand is lieflik en as die weer dit toelaat, kan mens heerlik lang ente gaan stap. Dis nie te ver van Somerset Mall nie en parkering daar is voldoende. Die mall bied 'n verskeidenheid winkels en restaurante asook onderdakparkering."
"Riebeek-Kasteel is beslis die geheime rustige bestemming vir 'n aangename toer van olyf- en wynplase. Genoeg restaurante om elkeen se smaak te bevredig en die nodige supermark om alles te koop wat jy benodig."
"Pragtige dorpie met vriendelike mense. Mooiste berge en baie plekke om te sien! Skoon verlief geraak."
"Strand se ligging is baie lekker om rond te ry, maklik Kaap toe en maklik Hermanus se kant toe. "
"Die Strand was nog altyd ‘n persoonlike gunsteling. Restaurante, winkels, besienswaardighede en lughawe binne realistiese afstand. En die wenner bly die heerlike stapstrand."