Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Great Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3446 resensies.

Prins Albert, Groot-Karoo

Acacia Cottage

"Pragtig! Skoon dorpie, lieflike natuurskoon, pragtige Karoonagte! Interessante winkels en eetplekke. Lekker om sommer net deur die dorpie te stap. Inwoners is vriendelik en behulpsaam. Hierdie is die ideale plek om sommer net te ontspan en rustig te wees. Die omgewing van Prins Albert is merkwaardig en mooi. Dit is beslis 'n besoek werd!"

Laingsburg, Groot-Karoo

The Grand Hotel

"Die dorpie is baie klein en nie veel om te sien en doen nie."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Matoppo Inn Guesthouse

"'n Baie interessante en vriendelike Karoodorp!"

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

3rd on Jackson Accommodation

"Gaan eet gerus by die Karoo deli."

Prins Albert, Groot-Karoo

Swartberg Cottages

"Die Swartbergpas is beslis nie vir mense wat aan hoogtevrees ly nie! Ek beveel eerder die pad deur Meiringspoort aan. Die natuurskoon is asemrowend."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

3rd on Jackson Accommodation

"Beaufort West is an interesting place to stay at for a day or two as a stop over. The big attraction to see while here is the Karoo National Park."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Die Herehuis

"Klein dorpie, baie warm, sal nie te lank daar kan bly nie."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Guests on the Move

"Karoo Deli waar ons die aand gaan eet het, was 'n uitstekende ervaring en beslis aan te beveel."

Prins Albert, Groot-Karoo

The Prince Albert Garden Guest House

"Baie interessante dorp! Goeie restaurante."

Prins Albert, Groot-Karoo

Swartberg Hotel

"Pragtige dorp met die mooiste berge, karaktervol, mooiste bome langs die hoofstraat, en interessante winkeltjies om in rond te snuffel! Die Swartbergpas is 'n belewenis en die moeite werd om aan te durf!"

Prins Albert, Groot-Karoo

Elfen House and Cottage

"Fantastiese karoodorp met van die beste restaurante wat ons ooit al besoek het met egte Karoo-gasvryheid!"

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Guests on the Move

"Beaufort-Wes is 'n baie goeie bestemming!"

Prins Albert, Groot-Karoo

Repos Trouvé

"Quaint historical town."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Birds Nest Guest Cottages

"Baie goeie halfpadstop met die kans om heerlike lamsvleis terug te vat Gauteng toe. Het al 2 keer geëet by Nuveldt restaurant, asook by hulle vleis gekoop, 'n heerlike ondervinding en baie, baie goeie kos."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Young's Halfway House

"Die Karoo Deli aan die oorkant van Youngs Halfway House is definitief 'n besoek werd. Die tipe braai-opset was 'n eerste vir ons. Werklik genotvol."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Birds Nest Guest Cottages

"Lekker om na Karoo Nasionale Park te gaan."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Royal Lodge

"Almal in die dorpie is baie vriendelik en hulpvaardig."

Prins Albert, Groot-Karoo

Karoo Khaya

"Baie, baie lekker plekkie. "

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Royal Lodge

"Ons was baie teleurgesteld gewees, want ons wou graag die donkiekar rit doen, maar mens moet 'n dag voor die tyd bespreek."

Prins Albert, Groot-Karoo

African Relish

"Dit is ons gunsteling oorstop in die Karoo op pad Kaap toe, dit is so mooi omgewing, maar tog het die dorp self ook 'n bekoring van sy eie met oulike snuffelwinkels en lekker eetplekkies. Daar heers beslis 'n aangename vibe. "

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Karoo Gateway Guesthouse

"As jy nie in die geskiedenis belangstel nie, is daar niks anders wat as trekpleister dien nie."

Prins Albert, Groot-Karoo

Karoo Khaya

"Ons is oortuig daarvan dat die dorpie wel ryk is aan geskiedenis en kulturele skatte, maar daar is ook 'n steurende kommersiële invloed. Ons het die indruk gekry dat die oorspronklike karakter van die dorp verbloem word deur 'n oor-entoesiastiese toeriste-fokus. Dit wil voorkom asof die dorpie 'n naweek-dorpie geword het vir kunstenaars en stadsvlugtelinge. Soos 'n toenemende aantal dorpe in ons platteland word Pince Albert amper 'n spookdorpie in die week."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Old House Lodge

"Moeilik om 'n regtige lekker eetplek te vind. "

Prins Albert, Groot-Karoo

Karoo-Rust

"Die dorp Prins Albert het ons baie beïndruk. Ek dink hier word ongelooflik baie gedoen vir die mense van die gemeenskap. Swartbergpas 'n moet vir die besoeker asook 'n besoek aan "Die Hel". Wow!"

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Old House Lodge

"Baie lekker en rustige dorp."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Lekker Lê

"Dit is elke keer vir ons heerlik om die Karoo Nasionale Park te besoek."

Blad
Blad 113 - Wys 3361 tot 3390
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem