Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3690 resensies.
"Robertson is 'n baie mooi dorpie met vriendelike mense. As jy van wyn en lekker kos hou, dan is dit die plek vir jou."
"Oulike dorpie. Nice restaurante. Van Loveren besoek op die Saterdag. Sal Robertson weer besoek. "
"Vriendelike mense in ‘n pragtige dorp wat deel van Route 62 is. Plattelandse gasvryheid is hier aan die orde van die dag. Splash of Pink met Paul Renè MCC was heerlik! Ons is volgende jaar terug!"
Stellenbosch Sentraal, Kaapse Wynlande
Eendracht Hotel"Pragtige dorpie en alles is loopafstand van mekaar af. Veilige strate en vriendelike mense."
"'n Klad op Munisipaliteit en gemeenskap se naam dat die eens puik museum in Paul Kruger-straat die afgelope jare net 'n murasie en rommelhoop is en nie herbou word nie. Wingerde en boorde op die plase in die distrik is pragtig en 'n vreugde om te besigtig."
Stellenbosch Sentraal, Kaapse Wynlande
Eendracht Apartments"Die paaie is baie besig en smal, stap is jou beste opsie, daarom is verblyf wat sentraal is, baie gerieflik."
"Must visit: The Taal Monument. The view from there is awesome. The strawberry shop has freshly picked strawberries at very reasonable prices. Babylonstoren is a must see. Delicious food at the garden restaurant. We will be back soon."
"My pa het familie gehad wat in Worcester gebly het en wou net weer 'n slag sien hoe dit daar lyk. Groot was my verrassing toe ek Trappestraat herken en ook die huis waar my pas se suster gebly het tot sy oorlede is 42 jaar gelede."
"Dit was my heel eerste keer in Paarl. Ons was daar vir die Strongmansrun. Die dorp is so netjies en groen!"