Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Klein dorpie - het nie eintlik met omgewing mense gemeng nie, behalwe vir ete by Spur wat baie aangenaam was nie. Die Karoon Nasionale Park naby die dorp is 'n groot pluspunt vir die dorp - jammer hulle tariewe is bietjie buitensporig."
"Die Sceurfontein padstal 50 km anderkant Beaufort-Wes is 'n moet stop. Ons het ontbyt daar geëet en allerhande hangemaakte artikels besigtig asook heerlike skaapwors, vleis, pasteie en ingelegte goedjies teen baie billike (bekostigbare) pryse aangekoop. Moenie verby ry nie."
"Eerste besoek aan Colesburg. Ons het padaanwysings gevra na die plaaslike museum, die man het hom self voorgestel as 'n ene Ernie wat n motorherstel besigheid besit. Hy het gevra ons moet asb saam hom stap as ons hou van outentieke goed. Dit was vir ons net een te veel want waar kry mens nog sulke gasvrye mense. Wat ons daar gesien het was al klaar n stap in die verlede. Ons het dit opreg waardeer dat hy sy plekkie waar hy hordes oudhede bewaar met ons gedeel het. Die meeste mense is vriendelik en groet mens of hulle ons ken. Beveel mense aan om oor te slaap in Colesberg."
"Die boerbokke wat so in die strate loop was vir my te skattig. Die winkels is gerieflik naby geleë aan Chrizaan."
"Pragtige ou dorp met baie ou geboue en monumente asook wonderlike natuur aan die buitewyke."
"Die bedelaars bly 'n problem omdat ons hou van loop. As 'n bestemming is daar besoekpunte nodig soos sportfasiliteite, vermaak, winkels, geskiedenis. Dis net die laaste wat in oormaat is maar beter aangebied kan word. Maak nie saak nie, ek sal weer kom!"
"Oor die jare was die dorp bloot 'n oornagplek. Slegs eenkeer het ons die tyd geneem om die besienswaardighede te verken - en dit was baie interessant. "
"As jy tyd en 'n hoë voertuig het, ry gerus die Onder-Kouga sirkelroete, dis 'n pragtige omgewing!"