Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2265 resensies.
"Bela-Bela is 'n mooi en skoon dorp. Die tuine is kleurvol en die mense baie vriendelik en hulpvaardig."
"The place is not easily accessible due to lack of signs saying "Lephalale", especially from Polokwane using Seshego Road."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Ons Wegkruip Plekkie"Dit is 'n ongelooflike ervaring met die diere wat vrylik in die dorp rondbeweeg. Baie veilig vir stappers en heerlik om te kon rondstap. Sommige van die erwe en huise lyk baie sleg wat bietjie afbreek doen aan die algehele gevoel van die dorp. Wonderlike vriendelike omgewing met mense wat mekaar nog groet in die verbygaan. Het heerlik in die restaurant gekuier en die diens en gasvryheid is puik. Sal beslis weer gaan."
"Bela-Bela is 'n wonderlike Bosveld dorpie met pragtige sonsopkomste en sonsondergange. Lieflike natuur en diere lewe, veral gedurende somer maande. Kan goed warm word maar daarvoor sorg jy net dat jy in 'n woonplek bespreek met lugversorging. Bela-Bela is 'n gerieflike 1 uur vanaf Pretoria. Mens voel altyd vernuwe en ontspanne wanneer jy eers bietjie Bela-Bela toe was."
"Mooi en vriendelike dorpie. As die padwerke eers klaar is sal dit 'n plesier wees om daar te wees."
"Euphoria Gholfbaan en Spa is 'n moet vir enige besoeker in die area."
"Mense is baie vriendelik en dit is fantasies om te sien dat die stadsraad besig is om die paaie op te gradeer."
"The place is friendly for visitors and is welcoming to everyone, irrespective of race or gender. "
"Pragtige dorpie, sentrale kern van die dorp nie te aangenaam nie, wil maar liewers jou inkopies doen in die dele op die buitewyke van die dorp. Gelukkig is daar 'n nuwe winkelsentrum wat baie hiermee help. Verder was dit baie aangenaam."