Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6186 reviews.
"Daar is baie om te sien en doen: staproetes, watervalle en eko skooters. Mooi dorp en lifelike area."
"Pragtige dorp, toeruste vriendlik, skoon en veilig. Ek wens die ander dorpe in ons land kan by hulle kom leer."
"Sabie as 'n destinasie is beeldskoon, maar daar is nie regtig baie om te doen in die nabye omtrek nie, dus moet jy effens uit ry na al die betrekkings ens."
"Pragtige omgewing en naby winkelgeriewe en Medi-Clinic Hospitaal."
"Ons hou baie van Dullstroom en sal aanhou soontoe gaan. Ons kuier altyd baie lekker en eet ook net so lekker. Naby genoeg vir 'n vinnige wegbreeknaweek of sommer net vir 'n daguitstappie."
"Dullstroom is heerlik om om in rond te stap en die verskillende winkels te besoek. Ons het byvoorbeeld 'n baie lekker agtermiddag gespandeer by Wild About Whiskey."
"Dit het baie gehelp om met die mense van Chrissiesmeer te gesels en meer van die omgewing te leer ken! Esbie Bezuidenhout woon al 20 jaar daar en het 'n fantastiese kennis van die omgewing en sy geskiedenis. "
"Skouspelagtige klein dorpie tussen berge vol verrassings. Elke warerval het sy die bekoring. 'n Moet sien vir elke natuur liefhebber."
"Lekker diere gekyk. Besighede regtig baie goed."
"Omgewing is pragtig, een klagte sal ek sê is die swak toestand van die paaie in die dorp Lydenburg."
"Vir pasiënte wat nier-dialise moet kry - Hazyview het nou 'n dialise-eenheid in die Simunye winkelsentrum."
"'n Paar mooi plekke, maar die dorp het baie agteruit gegaan. Die paaie is vol slaggate. "
"Baie mooi dorp, net jammer als gaan so erg agteruit - veral die paaie. Beslis baie mooi wêreld en so groen."
"Vreeslike verkeer in die CBD, maar winkels waar 'n mens alles kan kry wat jy soek. Die pad van Dullstroom se kant af is egter baie sleg en baie slaggate. Dis nie lekker nie, en onveilig."
"Pragtige buurt, dalk net 'n bietjie ver uit die dorp uit, maar mens kan niks daaraan doen nie. Wees net voorbereid daarop."
"Die winkel in die 'dorp' se personeel was nie baie behulpsaam nie en items was verkeerd geprys."
"Graskop en die omliggende area het die mooiste natuur tonele om na te gaan kyk. Ek sal net graag mense met karre afraai on die horse shoe falls te gaan besoek. Dis 'n grondpad, maar dit het vreeslik baie klippe, en dis nie 'n goeie idee om met jou kar soontoe te gaan nie, veral nie een wat laag is nie. Met 'n bakkie, enige tyd."