Geverifieerde Resensie
Kruger National Park South
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2012 resensies.
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Lidvubu Lodge"Die park is gerieflik in die sin dat jy kan rondloop en al langs die heining die diere in die Wildtuin kan besigtig. Die instandhouding van die paaie is na ons mening nie goed nie: veral by die tweede ingang na die winkelsentrum. 'n Goeie skraap sal verhoed dat jy jou kar menigmale onder stamp. Verder die afwesigheid van 'n kaart, maak die volle benutting van die park 'n mors aangesien ons nie bewus was dat daar 'n privaat wildskamp is waar leeus ens. aangehou word nie (of so hoor ons). Die rondsit van werkers wat stukwerk soek, is nie 'n gerustellende faktor nie. Dit maak my glo dat daar weinig sekuriteit toegepas word. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Phumangeni Marloth Park"Marloth Park is 'n rustige omgewing waar mens die natuur kan geniet en selfs 'n bietjie gaan stap of fietsry in 'n veilige omgewing. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
John and Noleen's Place"Baie rustige plek om te kuier, dis net die winkeltjies binne Marloth Park wat baie, baie duur is."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
South Post at Kruger"Die eetplekke is baie duur. Daar is nie genoeg eetplekke nie. Die padaanwysings kan aansienlik verbeter. As toeristebestemming sou ek voorstel dat mense eerder binne in die Kruger wildtuin bly, anders gaan jy nooit kan ingaan nie. Ons het Malalane en Crocodile hek probeer 06:00 die oggend en dit was vol, en al die dag besoekers was weg gewys. So ons moes Numbi toe ry, wat 2 ure se ry is van Marloth park. Ons kom van Pretoria af so dit maak nie sin om 5 ure te ry, net om 2 ure terug te ry om te kan ingaan by die Kruger Wildtuin nie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
South Post at Kruger"Baie lekker vir natuurliefhebbers."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
South Post at Kruger"Marloth Park is nie vir my/ons `n bestemming of net `n plek nie, dit is `n ervaring. As jy nog nie daar was nie, maak `n plan, sit dit op jou 'bucket-list, mits jy van die natuur hou."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Lidvubu Lodge"Beveel dit aan vir enige iemand, lekker rustige plek en goedkoper as Kruger wildtuin."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation"Te oordeel aan die baie sekuriteitsmaatskappye en -motors vermoed ek dat sekuriteit 'n probleem mag wees. Ek het egter baie veilig gevoel by Doringpoort."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Serenity Bush Ballads"it a beautiful relaxing area, I enjoyed keep up this standard my partner is also extremely happy."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Lalapanzi"Dis die ideale plek vir die reisiger wat die wildtuin wil besoek en nie in die parke self wil bly nie. Uitkykpunte teen die rivier is asemrowend en die meeste diere kan daarvandaan gesien word reg op jou voorstoep."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"Lekker naby Krokodilbrug hek van Kruger Park. Geniet die wild wat tussen huise rond beweeg. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Lidvubu Lodge"Sal weer kom kuier. Die natuur is awesome."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Soetdoring 1622-B Self-catering Moddervis"Straat name kan na gekyk word. Soms verwarrend."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
South Post at Kruger"Living in the bush with animals around."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Big Tuskers Bush Camp"As jy lief is vir die veld en diere om jou, sal jy dit geniet."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Soetdoring 1622-B Self-catering Moddervis"Lekker diere gekyk. Besighede regtig baie goed."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hippoholiday"Die winkel in die 'dorp' se personeel was nie baie behulpsaam nie en items was verkeerd geprys."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis"Heerlike atmosfeer. Voel of ons deel van die wildernis was. Veral met die diere wat sommer besoek terwyl ons in die swembad ontspan. Die mense was almal vriendelik en behulpsaam en laat mens sommer deel van die gemeenskap voel. Indien daar enigsins iets was om oor te kla, dan was dit miskien die toestand van sekere van die grondpaaie. Die winkels in die park voorsien ook in meeste van dit wat nodig is vir die verblyf hier. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Martys Place"Het self voorheen voltyds daar gewoon en gaan hou nog steeds vakansie daar. Baie lekker plek om te rus."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Fever Tree"Awesome, safe and secure holiday with plenty to see and experience."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Kudu's Rus"Marloth is die een plek waar ons weer batterye gaan laai en ons koppe skoonmaak."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
My Bushhouse (Bayt AlGhaba)"Maak asb. net seker dat daar nie te veel huise in Marloth Park gebou word nie. Dit voel of daar te veel huise gebou word en daarmeesaam die bos-gevoel verminder."