Geverifieerde Resensie
North West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1900 resensies.
"Baie agteruitgegaan – soos meeste dorpe in SA. Sal net daardeur ry of daar oorslaap."
"'n Mens is bekommerd oor die veiligheid in die dorp. Ons kies elke keer 'n agterstraat om deur die dorp te ry. Toeriste moet op hul hoede wees. Daarom het ons gekies om eerder buite die dorp te slaap!"
"Nee, Orkney self is glad nie 'n toeristebestemming vir my nie. Ons was daar vir 'n rolbal kompetisie wat plaasgevind het in Klerksdorp. Maar gebly in Orkney."
"Potchefstroom is 'n absolute juweel van 'n dorp. Met die pragtige mall en studentelewe op die Bult maak dit Potch so 'n unieke plek om te besoek. "
"My eerste besoek aan Klerksdorp. Verras oor die vooruitgang. Baie interessante plekkies en winkels om te besoek."
"Ek love Potchefstroom. Die mense in Potchefstroom is awesome. Vriendelik, behulpsaam en Afrikaans."
"Dalk bietjie duur. Besighede maak misbruik van die feit dat dit 'n studentedorp is en buit mense uit wat by hul kinders wil gaan kuier. "
"Hier is nogal heelwat om te doen binne, ek sal sê, 'n radius van 30 km. Heerlike restaurante en aktiwiteite in die omgewing."
"Potchefstroom en omgewing het baie om te bied soos restaurante, ontspanningsplekke en goeie weer, ook teen billike pryse."