Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1068 resensies.
"Oudtshoorn sal ons weer sien. Twee dae was te min om die dorp en al sy besienswaardighede heeltemal te geniet."
"Baie om te doen in die omgewing. Pragtige natuurskoon en lekker eetplekke. Baie vriendelike mense."
"Ideale dorp om omliggende dorpe van te besoek. Baie besienswaardighede en doen dinge."
"Oudtshoorn is Karoo-mooi met vriendelike, landelike mense! Die groot Swartberge in die agtergrond bly maar my liefde en daar is baie plekke om te besoek met kinders!"
"Wonderlike omgewing met puik restaurante. Pragtige geskedenis en Cango Grotte was 'n belewenis."
"Yes I really enjoyed the trip from Cape Town to outshoorn through Barridale and will do it again."
"Die informele woonareas is 'n bietjie van 'n oogseer. Die omligende plaasareas is baie mooi. Die dorpie is mooi. Die Kango Grotte is 'n moet sien. Die diens oral is baie vriendelik en die Afrikaans was baie verwelkomend."
"Kango woodfired pizza is die beste. Ek beveel dit baie sterk aan as jy van pizza hou!"
"Oudshoorn is uitstekend sal baie graag weer wil terugkeer maar na Covid19, want wil baie graag die adventure-toer gaan doen by die Kangogrotte."
"Definitely a hidden gem. You would have thought that Oudtshoorn would be dry and boring, but if you are a keen hiker or active person and you love the desertlike nature with greenery then Oudtshoorn is the place for you and your family to escape the norm - even though we had WiFi, the signal got lost once in a while and that was good for us - no stress, disturbance and the people are friendly."
"Oudtshoorn saam met die Klein Karoo hou altyd 'n bekoring in. Ai maar die kangogrotte is 'n telleurstelling. Wat het gebeur?"
"Interessante besienswaardighede in 'n mooi, baie skoon en netjiese dorp."
"Lieflike Karoodorpie. Vriendelike mense en mooi en interessante toerisme-aantreklikhede. Het ook baie lekker by Jamima's Restaurant geëet."