Geverifieerde Resensie
Pretoria East
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria East bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 275 resensies.
"Ons het ongelukkig nie die tyd gehad om Silver Lakes en omgewing behoorlik te verken nie; maar 'n besoek aan die "groot wilde katte" daar naby maak van Silver Lakes 'n aantrekkings area. Dit wil ook voorkom of daar heelwat eetplekke is (sommige baie duur maar lyk tog gewild) en al die nodige fasiliteite is byderhand. "
"'n Voorstel: Met die huidige klimaat en hael wat meer voorkom maak ek net 'n aanbevelig dat daar moontlik gekyk moet word na onderdakparkering."
"Naby alles, ten opsigte van toegangsroetes, hospitale en inkopiesentrums. Pragtige omgewing."
"Ek glo daar is toekomstige potensiaal vir die omgewing. Die gholfbaan is sekerlik nou die hoogtepunt."
"Ek ken Silver Lakes baie goed en het al in uitstekende plekke daar tuisgegaan."
"Die sekuriteitsgebiede is seker essensieel maar skep tog 'n klein frustrasie vir die besoeker wat telkens moet inteken om by jou bestemming te kan kom."
"Pretoria-Oos is 'n spog area wat jy alles wat jy nodig kan kry kan vind, soos goeie restaurante en winkels."