Geverifieerde Resensie
Still Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Still Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 392 resensies.
"Vorige besoek aan die dorp was net 'n deurry en verder tot by Mosselbaai. Sal nie weer verder as Stilbaai ry nie. Alles is daar wat benodig word. OK winkel het als voorsien wat ons nodig gehad het plus nog meer. Uitstekend en uiters vriendelike personeel. Puik en sal môre weer teruggaan as ek sou kon. Dankie."
"Great breakaway place. One feels safe. The place is exceptionally clean. Water tastes a bit horrible, but great in coffee."
"'n Pragtige kusdorp met 'n wye verskeidenheid van aktiwiteite en besienswaardighede, veral vir die natuurliefhebbers."
"Always passed this turnoff on our travels for so many years! What a gem of a place. Will definitely be back to explore more of it."
"Stilbaai is 'n klein stil dorpie waar almal omgee vir die omgewing en almal baie vriendelik. Strand baie netjies en veilig. Soos ek se julle sien ons graag weer."
"Pragtige en silwerskoon dorpie wat alles bied vir enige vakansieganger. Vriendelike mense wat jou verblyf nog meer genotvol maak."
"Ons geniet Stilbaai, dit is een van die plekke waarheen ons elke jaar sal teruggaan. Die mense is baie vriendelik."
"Still Bay is a beautiful holiday town with great restaurants and places to visit. The community is friendly and helpful. We will definitely visit again."
"Eerste keer maar verseker nie die laaste keer nie. Dit gaan my vakansiebestemming van keuse word. Perfek vir mense met kinders, daar is so baie om te doen en te sien."
"Die rustigheid van Stilbaai was vir my baie lekker. Weg van die stad se gevoel. Indien jy vir rustigheid soek, gaan Stilbaai toe."
"Ongelooflike natuurskoon, staproetes vir alle tipes, pragtige huise, veiligheid, goeie restaurante Om nie eers van die seestrand en strandmeer te praat nie. Die plek het ons hart gesteel en ons beplan alreeds ons volgende vakansie in Stilbaai."
"Baie lekker vakansiebestemming. Strande is fantasties. Al die bouvlagstrande is kindervriendelik. Lappesbaai, die hoofstrand is 'n baie lekker swemstrand. Daar is nie 'n helling nie, so jy kan lekker diep instap en die golwe is nie te rof nie. Skulpiesbaai is lekker vir snorkel, kan die kleintjies leer snorkel aangesien dit baie kalm is met laagwater. Die lagoon is ook baie lekker, met hoogwater is die stroom egter nogal sterk. Het lekker gestap by Geelkrans, baie mooi staproete vanaf preekstoel en strandlangs terug. Daar is 'n stukkie deur private grond voor jy op die strand kom, en as jy hoogtevrees het kan dit dalk erg wees aaangesien dit nogal 'n vinnige daling met 'n smal bergpaadjie is tot op die pragtige strand. Die toerisme buro is baie vriendelik en behulpsaam."
"Ek kom al van 1974 soontoe en ons trek vir aftrede oor 2 maande soontoe sodra ons huis klaar gebou is! Dit sê seker genoeg!"
"Stilbaai beskik oor alle noodsaaklike besighede en dan ook 'n paar wonderlike inkopiebederwe. Die dorp word baie mooi onderhou."
"Stilbaai is 'n pragtige dorpie. Skoon en netjies. Die inwoners is vriendelik en ons was ook baie beïndruk met die vriendelike Afrikaanssprekende inwoners."