Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 459 reviews.
"Only for those travellers prepared to rough it for the sake of an interesting and unusual experience. A long way to go from the nearest town with fairly decent facilities. Only two restaurants were open and were very expensive, and the only other place to buy any food was a very basic cafe/supermarket."
"Toekomstige besoekers aan Sutherland moet onthou dat die weer 'n groot rol speel in pogings om sterre te kyk. Ons besoek aan SALT was nie suksesvol nie as gevolg van die weer, daar was te veel wolke en die teleskope kon nie ingestel word nie. Die 3D vertoning by die planetarium was die besliste hoogtepunt, maar die teleskope kon nie ingestel word nie en sterrekyk was dus nie moontlik nie as gevolg van die wolkbedekking. Ons het Jurg se lesing by die woonwapark baie geniet en was bevoorreg om sterre te kyk met behulp van sy teleskope - ons sal altyd die ervaring koester."
"Sutherland is maar 'n klein dorpie, maar is 'n moet om te besoek, veral vir sterrekyk. "
"Sterland was also a great outing. Jurg gives a great presentation about the stars and planets. Whitehouse Inn is a nice place for dinner."
"This place is more than just the SALT telescope. The planetarium, star gazing, restaurants and shops, walks around town, short drives in the general area, SALT tour and photography were all very rewarding!"
"Prag dorpie met baie interessante winkeltjies en eetplekkies. Sou graag langer wou kuier."
"Dorp was skoon en veilig. Die OK-winkelsentrum was 'n verrassing met als wat jy kon aan dink beskikbaar. Nie nodig om enige kruideniersware saam te neem nie."
"Baie spesiale plek om te beleef, maar nie vakansiedorp nie. As jy nog nie daar was nie, gaan kyk en beleef maar in die somer."
"Sutherland, vir ons, was 'n bestemming om sterre te kom kyk. Dit het daardie behoefte aangespreek."
"Pragtige dorpie. Mooi skoon, paaie is in goeie toestand. Lieflike berge en uitsigte!"
"Weens 'n hewige haelstorm kon ons nie die aand stargazing doen nie, maar het nietemin die omgewing en besienswaardighede geniet."
"Daar is nie veel anders om te doen as stêrre kyk en skaapvleis eet nie. Maar as dit is wat jy geniet is Sutherland vir jou. Dit is 'n belewenis gewees en sal defnitief dit aanbeveel om tenminste een keer te doen. In die somer was die dae warm maar nie ondraaglik nie en die aande heerlik koud"
"Pragtige ou huise met lieflike tuine. Weet nie hoe inwoners regkry om sulke welige tuine aan die gang te hou in droë klimaat nie. SALT was ongelooflik interessant. Hoogtepunt vir ons was besoek aan Jurg by Sterland. Honderde sterre bo jou kop, die stilte; sal dit nooit vergeet nie."
"'n Moet-sien vir elke reisiger in daardie gebied. Besoek ook die privaat sterrewag net buite die dorp."