Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Clarens het 'n heerlike atmosfeer wat 'n mens nêrens anders kry nie, ons het dit weereens na ons vierde besoek ervaar! Ons geniet dit elke keer om deur elke gallery en winkeltjie te snuffel. Dan sommer net die berge in te vaar in die Golden Gate Reservaat wat met elke seisoen 'n belewenis van sy eie is!"
"Maak eerder slaggate reg voor julle die dorp se naam wil verander. Slaggate is lewensgevaarlik."
"Die paaie is baie sleg. Oor die algemeen het ons baie plaaslike mense gekry wat baie kru taal gebruik het en daar was selfs meer as een geval 'n lelike bakleiery by 'n familierestaurant waar ons Saterdag aand aangedoen het. Ek weet nie of dit plaaslike inwoners of vakansiegangers was nie, maar dit laat 'n bitter smaak in my mond."
"Parys is okay for a weekend away if you would like to do a bit of antiquing. Some quaint stores and I liked the mini Eiffel Tower and the Auction spot was great."
"Was verbaas om te sien hoe mooi opgepas Parys is. Breëstraat het so baie om te gee en wys. 'n Lekka naweek kuierplekkie."
"Bloemfontein is baie lekker as toeristebestemming en inkopiesentrums en natuurlik moet jy nie weeklikse boeremark misloop in Langenhoven Park nie."
"Die paaie soontoe via Villiers Frankfort is 'n nagmerrie. Sal Heilbronpad aanbeveel."
"Pragtige landskap en baie mooi gastehuise in omgewing. Baie om te doen, sonder om te ver te ry!"
"Stil en baie goeie toeristebestemming. Die paaie is egter nie in so 'n goeie toestand nie."