Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6645 resensies.
Lelani S. - 20th January 2021
staying in Harrismith, Vrystaat
Harrismith self is baie vervalle. Die buitewyke van die dorp het soveel mooi, beslis 'n uitstappie om te reël!
Reinhardt S. - 20th January 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Die dorp kort hulp. Geen straatligte werk nie, bome in die pad en lang gras orals.
Johann B. - 20th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Regtig die moeite werd, die plekkie se rustige atmosfeer laat jou ontspan en jy vergeet van alles en almal om jou. Daar is so baie om te sien.
Hannelie D. - 19th January 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Strate is vol slaggate, anders is Bloemfontein ’n vriendelike stad.
Marietjie J. - 19th January 2021
staying in Harrismith, Vrystaat
Hartseer om te sien hoe die monumente verwaarloos word.
Linda F. - 19th January 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Bloemfontein is ’n pragtige dorp!
Charise P. - 19th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Fantastiese klein dorpie waar die mense sommer in jou hart inkruip! Gaan definitief weer hier bespreek!
Shaun V. - 19th January 2021
staying in Parys, Vrystaat
Excellent shops and a great vibe. The municipality clearly not doing their bit, though.
Helenus K. - 19th January 2021
staying in Trompsburg, Vrystaat
‘n Skoon en netjiese dorp. Paar eetplekke en koffiewinkels. Vulstasie.
Rinus V. - 19th January 2021
staying in Parys, Vrystaat
Die verwaarlosing van die paaie in Parys is 'n skande. Iemand sal êrens iets daaraan moet doen. Veral in die woongebiede.
Nico B. - 18th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Baie stiller as wat dit gewoonlik is, maar baie rustig.
Marthie H. - 18th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
We love Clarens but only went through on way to Oudtshoorn and on way back. We had the greatest lunch and breakfast at the Kooperasie Restaurant with an unique menu. The weather was not too hot and we wanted to play golf but had to cancel as the course was wet and we could not use the carts. Will make a weekend out of our next visit and stay and play golf and enjoy the town.
Marietha P. - 18th January 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Die oornagverblyfplekke is in 'n mooi omgewing, gerieflik naby die hoofweg geleë. Al die tuine is pragtig en goed versorg. Die mense is besonder vriendelik en behulpsaam. Boonop is Bloemfontein 'n gerieflike halfwegstasie vir ons wat van OL af kom!
Thandi M. - 18th January 2021
staying in Bethlehem, Vrystaat
An upgrade on their road maintenance is needed. Otherwise it is a great town.
Jacques D. - 18th January 2021
staying in Trompsburg, Vrystaat
Beste plek om by te stop as jy van Kaapstad na Pretoria terugkeur. Lekker kos en lekker mense.
Corine B. - 18th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Dog friendly. Great hikes. Great restaurants. Friendly service. Clean and quaint little town. Next time I will stay longer than a weekend.
Hilly H. - 18th January 2021
staying in Philippolis, Vrystaat
Pragtige dorpie, net jammer dat sommige winkels nie oop was nie.
Susann D. - 18th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Oulike winkeltjies, baie rustige atmosfeer.
Candi J. - 18th January 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
We always stay in Bloemfontein on our way home from December holidays, and have always enjoyed our stay overs.
Ferdinand P. - 18th January 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Bloemfontein se plaaslike regering sal ernstig aandag moet gee aan die slaggate.
Louisa D. - 18th January 2021
staying in Philippolis, Vrystaat
Die dorpie self is bietjie verwaarloos, maar dit mag dalk wees as gevolg van die Kerstyd.
Jaco E. - 17th January 2021
staying in Parys, Vrystaat
Net baie jammer oor die beurtkrag en dan gepaardgaande waterprobleme. Parys kan 'n juweel van 'n naweek-wegbreekbestemming wees, maar dis duidelik dat die plaaslike munisipaliteit nie genoeg doen om dit tot sy reg te laat kom nie.
Inge D. - 17th January 2021
staying in Philippolis, Vrystaat
Het baie veilig gevoel al het ons motor in die straat gestaan. Die dorpie self het egter nie meer dieselfde bekoring van 'n plattelandse dorpie nie. Baie jammer dat die kafees nie meer deur die plaaslike inwoners bedryf word nie.
Johannes K. - 16th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Lekker, skoon, rustig en stil met beurtkrag ingesluit.
Adrinette M. - 16th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is ou wêreldse dorpie met 'n groot verskeidenheid van winkels om in te snuffel as die weer dalk nie saam speel om te gaan stap nie. My beskeie raad: Bring 'n goeie voorraad groente/vrugte/kos van die huis of gaan koop jou kruideniersware in Bethlehem.
Ina V. - 16th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Covid het 'n groot invloed en ook watter tyd van die week jy daar besoek. Van die restaurante/winkels was gesluit. Shame water en krag was ook n probleem. Kan sien Clarens is ook nie meer wat dit was nie.
Japie V. - 15th January 2021
staying in Senekal, Vrystaat
Baie verwaarloos.
Rita F. - 15th January 2021
staying in Bethulie, Vrystaat
Ek sou graag in die toekoms langer wil vertoef om meer van die dorp te beleef.
Carien V. - 14th January 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Ver genoeg middelbestemming na 'n lang rit veral vir bejaardes van JHB, PE of Kaapstad.
Nicola D. - 14th January 2021
staying in Bethlehem, Vrystaat
Die paaie is vol slag gate en regtig nie 'n plesier nie. Maar die mense was vriendelik en alles binne vinnige bereik.
Ivor C. - 14th January 2021
staying in Trompsburg, Vrystaat
Good stopping point if travelling from CT: +-900 km and going to Reef.
Madeleine B. - 14th January 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Bloemfontein nog altyd 'n lekker plek!
Emma H. - 13th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n kunstenaar-dorpie met soveel bekoring.
Tom J. - 12th January 2021
staying in Ventersburg, Vrystaat
Die SAP Museum is 'n besliste moet, asook die 2 ou kerke. Die dorpie is ryk aan interessante geskiedenis en beslis die moeite werd om te besoek.
Hans T. - 12th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Dis een van die oulikste dorpies in Suid-Afrika, word hoogs aanbeveel. Prentjiemooi tussen die berge. Interessante winkeltjies en restaurante.
Tania V. - 12th January 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Was teleurgesteld in die omgewing op pad na Nightingale. Al die tuine was toegegroei onder gras en onkruid. Paaie se middelmanne bebos. Duidelik dat munisipaliteit lankal nie meer die pragtige stad van Bloemfontein in stand hou nie.
Andre V. - 12th January 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Goed vir oornagstop.
Lana G. - 12th January 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Bloemfontein het baie agteruitgegaan, met die basiese dienste wat nie toegepas en uitgevoer word nie.
William Gordon L. - 12th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Special picturesque town. Always lovely to visit.
Fanie V. - 12th January 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Ons besoek graag klein dorpies onder andere Parys, Prins Albert, Dullstroom, Cullinen, Bathhurst. Ons gunsteling bly Clarens.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]