Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7953 resensies.
"Ons geniet Clarens elke keer! Saterdag was daar 'n mark in die park, met iets wat in elkeen se smaak geval het. My enigste probleem met Clarens is dat ek hopeloos te veel geld spandeer! "
"Rosendal is werklik 'n diamant in die rof en gaan net toeneem as gewilde bestemming onder reisigers. Die pad tussen Senekal en Rosendal is sleg, maar dis verblydend om te sien dat die slaggate in 'n proses van herstel is - hopelik kan die herstel en onderhoud deurgesien word."
"Pragtige natuurskoon, genoeg restaurante en besienswaardighede, naby geleë vir omliggende vermaaklikhede (Golden Gate). Mense is gasvry en vriendelik. Voel veilig daar. "
"Ideale vakansie. Mooi omgewing en heerlike weer. Baie om te doen en te besigtig. Mooi winkeltjies."
"Misdaad vier hooggety in die dorp en volgens die inwoners word motordiefstal en inbraaksake nie eers meer ondersoek nie aangesien die polisie daaraan meedoen en die misdadigers beskerm. Misdaad is ongelukkig meer skadelik as staatskaping aangesien misdaad die instrument is waarmee ekonomiese kaping uitgevoer word en dit is veel meer brutaal met langdurige gevolge wat bitter moeilik omgekeer word. Die hoeveelheid bouvalle, die swak toestand van al die strate, infrastruktuur oor die algemeen is kommerwekkende indikators en besighede word onteenseglik negatief geraak."
"Stil plek wat lekker is vir oornag as mens van Oos Londen en PE terugkom Gauteng toe."
"Ek het slegs deurgereis op pad huistoe, maar wat ek van die stad self gesien het in die kort tydjie wat ek daar gery het is betreurenswaardig oor hoe vuil en sleg dit daar lyk. Paaie vol gate. Dit is ongelukkig die plaaslike regering se skuld en nie Bloemfontein se inwoners nie."
"Bloemfontein is vuil. Daar was vreeslik baie rommel wat rondgelê het in die strate, parke ens. Daar was riool wat in die strate afgeloop het."
"Dorpie met ongelooflik baie potensiaal. Greyton van die Vrystaat-Karoo. Baie geskiedenis en pragtige ou huise."