Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6525 resensies.
"Rustig maar nie regtig baie om te doen nie. Naweke is bestemmings toe van vroeg af en as jy nie drink nie is daar nie veel aan Langebaan nie. Ek persoonlik sal nie weer daar gaan vakansie hou nie."
"Mooi area en skoon net jammer dat mense iets elke 5 tree iets aan jou probeer verkoop, kan irriterend raak."
"Aangenaam verras. Pragtige kustuine, mooi wandelpaadjies en baie skoon. Lekker geëet by Issabellas."
"Far away. Typical West Coast fishing town with beautiful beaches and an interesting bird colony. Not much to do except relax and enjoy the solitude."
"Vredendal het ons aangenaam verras en die mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"My sister and I did not visit Bird Island as we felt the charges were rather steep for local pensioners to walk along and see a few sea birds."
"Wat 'n pragtige omgewing. Het baie blommetjies gesien en het Tietiesbaai ontdek. Asemrowende uitsig en natuur."
"Ons kom gewoonlik ook hienatoe en hou daarvan om hier te ontspan en die see te geniet."
"Behalwe vir die wind wat erg gewaai het kan ek nie veel sê nie behalwe dat Langebaan al amper net so groot soos Kaapstad is. Was heelwat verbaas oor al die uitbreidings."
"As jy van stil en mooi views en niks om te doen behalwe vir iets mooi staar hou is dit jou plek."
"Ons was 'n bietjie teleurgesteld met die vinnige uitbreiding van groot massiewe huise orals wat Yzerfontein se Weskusdorpie-atmosfeer opgeslurp het. Groot jammerte!"
"Beslis my gunsteling Weskus bestemming. Lekker weer, vriendelike mense en aangename atmosfeer dra by tot 'n heerlike, ontspanne vakansie. Pragtige strande en heerlike water van die strandmeer perfek vir allerhande wateraktiwiteite. Lekker plek om te hengel."
"Pragtig! Strande is asemrowend. Bird Island is so mooi en die mense is baie vriendelik. Muisbosskerm restaurant is 'n moet. Die plek het my hart gesteel."