Hierdie week reis die OPTOG!-kombi’s van Pretoria tot Vredendal en sterre soos Jo Black en Jak de Priester sluit by dié teater-troebadoer-toer aan ─ alles in die naam van vermaak!

Jo Black tree op 30 Mei by die Guild-teater in Oos-Londen in die Oos-Kaap op en LekkeSlaap het aan hom ’n paar vrae gestel voor hy op sy vermaak-veldtog vertrek.

Oos-Londen is alles behalwe ’n krotbuurt, soos die bynaam slummies aan die hand gee. Dié dorpie het geen tekort aan kultuur met sy kunsgalerye, museums en gedenktekens nie. As jy vir Jo Black in lewende lywe wil sien en die pad na dié dorp aandurf, maak gerus by die Raadsaal, die Oos-Londen Museum en die Nahoon Natuurreservaat ’n draai, of neem die kinders na die Oos-Londen Akwarium vir die dag.

So, laat ons in die pad val! Van gunsteling-vakansiebestemmings tot versteekte talente en TV-verskynings ─ leer Jo Black ’n bietjie beter ken deur ons handjievol vrae.

LS: Die skare by jou vertonings geniet dit altyd om saam met jou te sing, maar watter van jou liedjies is vir jou die lekke’ste om live te sing?

JB: Ek love dit om Spring live te sing.

LS: Die Jakarandastad is wel jou tuiste, maar waar is jou gunsteling-vakansiebestemming?

JB: Enige plek naby die see.

LS: As jy enige iemand in die wêreld se baard kon hê, wie s’n sou dit wees?

JB: Ek love my eie een…

LS: So gepraat van die wêreld, watter plek wat jy nog nie gesien het nie sal jy graag wil besoek?

JB: Nashville.

LS: Het jy enige versteekte talente?

JB: Ek kan gholf speel.

LS: Jy verskyn in een van die OPTOG!-advertensies saam met Nataniël. Vertel ons meer van dié ervaring en is daar enige planne vir TV-verskynings in die toekoms?

JB: Dit is altyd lekker om saam met iemand te werk wat professioneel is en weet wat hulle doen. TV-verskynings vir die toekoms … Dalk ’n klein rol hier en daar, maar TV is nie my sterkpunt nie.

LS: Toer jou vrou en dogtertjies ooit saam met jou of is dit maar net jy en die band op die pad?

JB: Wanneer dit vir ons gesin geleë is, sal ek hulle altyd by my wil hê.

LS: Saam met watter kunstenaar sal jy nog wil werk?

JB: Vir seker Majozi en Prime Circle.

LS: Voltooi die sin: Dit is die lekke’ste lekke om …

JB: … biltong met geel vet aan te eet.

Daar het jy dit! Jo Black is mal oor sy eie baard, speel graag gholf en biltong is een van sy guilty pleasures. As jy koers kies na Oos-Londen om hom in lewende lywe te sien, kliek hier vir verblyf in dié geweste.

Ons topkeuse

Ander lekke opsies

Hierdie week se program

Jo Black | 30 Mei | Oos-Londen | Bespreek hiér | Bly hiér
Jak de Priester
| 31 Mei | Malmesbury | Bespreek hiér | Bly hiér
Jo Black | 1 Junie | Port Elizabeth | Bespreek hiér | Bly hiér

Volgende week se program

Jo Black | 4 Junie | Hartenbos | Bespreek hiér | Bly hiér
Jak de Priester | 5 Junie | Welkom | Bespreek hiér | Bly hiér
Jo Black | 5 Junie | Durbanville | Bespreek hiér | Bly hiér
Jo Black | 6 Junie | Worcester | Bespreek hiér | Bly hiér
Jo Black | 7 Junie | Beaufort-Wes | Bespreek hiér | Bly hiér
Jo Black | 8 Junie | Kimberley | Bespreek hiér | Bly hiér

Maak solank voorbrand!

Drie van die Bestes | 8 Julie | Windhoek | Bespreek by iTickets

Drie van die Bestes | 11 Julie | Tsumbeb | Bespreek by iTickets

Laurika Rauch | 10 Julie |  Roodepoort | Bespreek by iTickets

Drie van die Bestes | 12 Julie | Swakopmund | Bespreek by iTickets

Drie van die Bestes | 13 Julie | Mariental | Bespreek by iTickets

Radio Kalahari Orkes | 13 Julie | Hartenbos | Bespreek by iTickets

Drie van die Bestes | 15 Julie | Upington | Bespreek by iTickets

Volgende week gesels ons met die ikoniese Vicky Sampson, so hou ons LekkeSlaap-blogblad dop en moenie dit misloop nie!

Hooffoto: Verskaf