Verified Reviews
Amathole District
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Amathole District
Rated 4.4 out of 5 based on 872 reviews.
"Dis 'n baie lekker toeristebestemming. Veilig, en rustig net wat mens nodig het vir 'n vakansie!"
East London, Amathole District
The Artist's Escape"Kan nie glo dit het soveel jaar vir my gevat om in Oos-Londen te kom nie, pragtig!"
"Gonubie is ideal vir 'n wegbreek vir jou as persoon of gesin. Dit is'n pragtige en veilige gebied waar alles binne loopafstand is. Jy verlaat die plek as 'n nuwe mens.Ek glo almal moet die stukkie Paradys besoek. "
"Baie vriendelike mense. Van die SPAR, die slaghuis en deli tot die oulike pannekoekplekkie by die strand. "
Kidd's Beach, Amathole District
Breeze Inn Guesthouse"Still one of the best family friendly beaches in the Eastern Cape."
Nahoon Beach, Amathole District
Springtide Studios"Dit mag intimiderend lyk, maar besoekers moet tog die duine klim. As jy eers bo is, is dit die moeite werd."
"Gonubie is 'n pragtige plekkie en baie lekker om vakansie te hou, want dit is nie so besig nie. Ek sal net wel aanbeveel dat hulle die slaggate toemaak en dat daar vir die mense wat op Kersdag en Nuwejaar op strande mors meer plan gemaak sal word."
Stutterheim, Amathole District
The Shire Eco Lodge"Stutterheim is surrounded by forestry and beautiful nature walks. Yet, they also have a fantastically interesting Engine Museum, who's caretaker is truly passionate. This is definitely a place to visit as well if you're passing through the little town."
"Ek sal volgende keer 'n dag langer bly a.g.v. puik ligging en beslis my visstokke saambring."
"Baie rustige area. Ek het nie een keer onveilig gevoel nie. Sal graag in die toekoms weer gaan."
"Ons is baie mal oor Gonubie en bly gereeld daar oor op pad Kaap toe. Het al per geleentheid langer ook gebly en die omliggende omgewing verken."
Kidd's Beach, Amathole District
Coelacanth Guest House"Sou nie regtig daar kan swem nie, teveel rotse op die strand. Moet na ander strande ry."
"Die winkel in Haga-Haga kan beter ingerig word met meer en 'n groter verskeidenheid voorraad. Dit beskik net oor die basiese en sal onvoldoende wees vir toekomstige besoekers wat hier besoek as 'n selfsorggroep. Veral as 'n mens wil braai, want daar is geen ander winkels beskikbaar in die omgewing as jy iets nodig het nie. Die plek is meer vir rustige besoekers en vissermanne wat daar kom kuier. "
"Dit is so mooi, 'n mens kan lank wegraak in die omgewing. Dit is 'n pragtige plek enige tyd van die jaar. Die mense is vriendelik, die tyd staan stil, die restaurante se kos is heerlik, en selfs die toevallige verspoelde grondpad die dorpie in wat veronderstel is om toegemaak te wees, was onwetend 'n 4x4-uitdaging sonder weerga."
"Ons is mal oor Gonubie. Ons het vir 'n ruk daar gebly en sal vir enige iemand aanbeveel om daar te gaan kuier."
"Hogsback is 'n pragtige, unieke, rustige dorpie en die regte plek om te ontspan en jou batterye te herlaai. Die tuine en omgewing is asemrowend mooi en jy voel regtig of jy in 'n sprokieswêreld is. Ons sal beslis weer Hogsback toe gaan vir 'n wegbreek."