Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2397 resensies.
"Ons tyd was beperk, maar die netheid van die dorp, mooi en goedversorgde tuine was opvallend. Baie besienswaardighede en goeie restaurante."
"Good restaurants and interesting shops. Donkey sanctuary is a highlight & a must-visit. Had a relaxing stay."
"Ons het Ceres gekies omdat dit baby die dorp was waar ons die volgende dag moes wees. Dus het ons ongelukkig nie die area verken nie."
"Calitzdorp moet deesdae soos enige ander Kaapse dorpie benader word - fokus op dit wat waarde bied (hier kan jy wynproe) en ervaar die pragtige natuurskoon, maar vermy die bedelaars in die hoofstraat wat jou onveilig laat voel. Die dorpie self vertoon egter wel minder vervalle as die meeste ander tipiese, klein dorpies in die land. Vir Calitzdorp is dit die moeite werd om veral die omliggende omgewing se roetes teen en tussen die berge te geniet. Hier is baie geskiedenis en kultuur wat wag om ontdek te word."
"Dink dit is die moeite werd om omgewing te sien. Rond te ry en prag van omgewing te ontdek. Veral Seweweekspoort."
"Die waterval by Meiringspoort het ons asems weggeslaan. Asemrowend. Die dorpie self het oulike plekkies. Een dag se oorslaap is voldoende."
"Verskeie stopplekke wat 'n moet is vanaf Robertson tot Ladismith. Bring genoeg tyd saam om alles te verken."
"Naby dorpe vir kruideniersware, en ver genoeg om "off the grid" te voel."
"Calitzdorp is ons hartsplek met die mooiste natuurskoon, vars lug en opregte, vriendelike inwoners. Daar is oulike en unieke eetplekkies, historiese geboue en natuurlik die wynkelders wat 'n besoek aan hierdie dorp 'n onvergeetlike ervaring maak."
"Ons wou graag Meiringspoort van noord na suid deurstap. Barry het ons ’n geleentheid gegee tot by die Klaarstroom ingang na die Poort en ons kon toe Meijer's Rust toe terugstap. 'n Pragtige staproete. De Rust is n pragtige en vriendelike dorpie met heerlike winkels en eetplekke."
"Ons is bietjie vinnig deur Robertson, maar die wyne reg rondom is 'n wenner."
"Ideale dorp vir afsaal en kuier en rus vind vir jou siel in 'n pragtige omgewing met wonderlike natuurskoon."
"Heerlike stap- en fietsryroetes, ons het ure in die berge rondgestap. Die mense in die dorp was vriendelik en die biltong en kos heerlik!"