Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6445 reviews.
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Blue Skies Country House"It has the most beautiful beaches."
"Ek hou al die afgelope 26 jaar vakansie in Gonubie. Wil op geen ander plek gaan vakansie hou nie. Die karavaanpark word tans opgeknap wat 'n bonus gaan wees. Net nie seker van die "dining hall" wat daar gebou is nie. Kampeerders gaan nie van 'n lawaai oor Desember daar hou nie."
"Die grondpad was net n bietjie "tricky" op plekke met die reën. Baie eiendom is te koop. Die bome en plante is pragtig."
"Koffiebaai is 'n goeie bestemming, maar die die paaie om die dorp moet opgeknap word. Die laaste dertig na die oord kon ek slegs 40 km per uur handhaaf. "
"Die dorpie self is baie mooi tussen die berge. Ons het dit egter net as oornagplek gebruik op pad na PE. Dit is net ver genoeg om die laaste ent pad sonder moeite af te lê. Die paaie in die omgewing is in goeie toestand en ons met gemak die snelheidsperk handhaaf. Ook baie min verkeer op die pad wat ons gery het."
"We didn't have the opportunity nor sufficient time to explore. What we did explore was well presented, clean, homely and warm."
"Perfect place for surfing, swimming and walking on the beach. The Greek Restaurant close to the beachfront is highly recommended."
Bushman's River Mouth, Eastern Cape
Natures Cottage"Stunning views with lovely restaurants. Beautiful beach and river!"
"Was al dikwels daar. Dit is vir seker een van die mooiste dorpe in ons land! Tog so jammer dat die strate deesdae tot so n swak toestand verval het."
"Strande is skoon ten spyte van baie mense wat met hul honde stap. Almal werk saam en hou dit skoon."
"Baie goeie educational media oor die watertekort en die kosbaarheid van water. Kan in baie ander dorpe toegepas word."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Bluewater Beach House"Onderhoud laat veel te wense soos in die groter deel van SA."
"Pragtige dorp en hartsmense in die Karoo, 'n moet vir oorslaap om die dorp en sy mense beter te leer ken."
"Vriendelike dorp met baie besienswaardighede. Jammer dat beurtkrag verskeie besighede in hul spore laat stuit. Koffiemasjiene en oonde werk nie, en sommige sluit eenvoudig hul deure, blykbaar omdat hul betalingsfasiliteite gedurende beurtkrag buite werking is. Baie sleg vir besigheid."
"Beurtkrag op die oomblik is 'n probleem, maar andersins dink ek Graaff-Reinet is 'n baie interessante dorp met klomp geskiedkundige besienswaardighede. Sal regtig vorentoe probeer om langer oor te bly sodat ons die geskiedenis kan inneem."
"Lekker vakansietyd of net ’n naweek se kuier. Die mense weet van ¦n goeie kuier. Baie nice."