Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"'n Dorp wat almal moet besoek en 'n paar dae daar spandeer."
"'n Bekoorlike dorpie. Ten spyte van slegte paaie, is die dorpie skoon en netjies!"
"Alles maak vroeg toe. Het ongelooflik lekker geëet by Hoi Polloi restaurant."
"Pragtige dorp wat se rivier besoedel is met rommel. Veral by die ou brug. Parys se loopvlak (sypaadjies) is baie ongemaklik en gevaarlik. Die toenemende swaarvoertuig deurgang hou 'n gevaar in vir besoekers en verniel die pad. Die winkels is interessant en bied 'n wye reeks te koop aan. Sterkte aan almal met die noustrop ekonomie."
"Steeds pragtig. Hoop al die winkels kan Covid deurstaan. Dis maar hartseer om te sien hoe min mense daar is."
"Not an ideal time to visit as lots of shops and restaurants are closed due to Covid, but still a quaint town to visit."
"Dit is die ideale plek as jy belangstel in oudhede. Daar is baie klein winkeltjies met interessante items vir oud en jonk."
"As dit bietjie goedkoper was, sou mens dalk meer gereeld so naweek kan beplan."
"Die dorp is skoon en die mense is vriendelik. Ideaal vir wegbreek van die besige stadslewe."
"'n Suid-Vrystaatse kleinnood op die agterpad. Verlaat gerus die N1, vir wye, ongerepte landskap."
"Al moes ons vroeg vertrek, was ons verras oor die baie winkels wat antieke items verkoop. Personeel van Sasol-garage, naaste aan middedorp, baie vriendelik en bedien kliënte in hul eie taal."
"Die plek wat aan almal se smaak sal voldoen in 'n rustige vakansie-atmosfeer met ongeskonde natuurtonele."
"Selfde probleem as meeste plattelandse dorpe. Geen infrastruktuur-instandhouding."