Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.36 uit 5 gekry volgens 5840 resensies.
Jeanene K. - 26th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is in 'n wonderskone kom tussen veelkleurige sandsteenberge geleë. Buiten vir die vars lug en pragtige omgewing, beskik Clarens ook oor die oulikste winkeltjies wat wenskopers vir ure besig kan hou. Ek het my verstom aan die uiteenlopende aktiwiteite wat Clarens Xtreme aanbied - my vingers het sommer gejeuk om hul klimmuur aan te durf! Bethlehem is ongeveer 30 minute buite Clarens en beskik oor 'n groot winkelsentrum (Dihlabeng Mall) waar jy enige iets en nog meer onder een dak kan kry en Golden Gate Nasionale Park is ook ongeveer 25 minute buite Clarens geleë.
Rykie R. - 26th January 2017
staying in Westdene, Vrystaat
Westdene is baie sentraal geleë en maklik om enige plek te bereik, selfs te voet.
Anri M. - 26th January 2017
staying in Parys, Vrystaat
Pragtige dropie! Sal verseker weer besoek.
Len H. - 25th January 2017
staying in Panorama, Vrystaat
Kroonstad was eens op 'n tyd 'n wonderlike dorp, maar is ongelukkig nou 'n rommelhoop.
Retha M. - 24th January 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Die paaie in Harrismith is baie sleg met verskeie slaggate wat vir 'n reisiger groot ongerief en skade kan berokken indien jy 'n band sou verloor.
Alida R. - 23rd January 2017
staying in Parys, Vrystaat
Ons het die winkels vreeslik geniet. Let wel dat meeste van die kuns en antieke winkels al 16:00 in die week en op Saterdae sluit. Ons het heerlike ontbyt by EnStyle geëet en die etes by O's en Jimmy Jaggers was uitstekend.
Tania B. - 22nd January 2017
staying in Bethulie, Vrystaat
Trudie van die museum was baie behulpsaam met inligting oor die area en die konsentrasiekampe, asook die monumente in die area. Sal graag langer tyd in die area wil bly. Dis ryk aan Afrikaner-geskiedenis.
Moji K. - 21st January 2017
staying in Vrystaat
More attractions are needed.
Dieter H. - 20th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Dit is n pragtige en rustige dorp met voldoende aktiwiteite. Selfs vir die jonger geslag, wat ons aan enigiemand kan aanbeveel.
Rialto G. - 19th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtig!
Ciska S. - 19th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Heeltemal te besig na my smaak. Ongelooflike natuurskoon, maar die toerisme oorheers die dorp.
Daniel H. - 18th January 2017
staying in Senekal, Vrystaat
Stil genoeg.
Buks S. - 18th January 2017
staying in Deneysville, Vrystaat
Alles wat jy nodig is bekombaar.
Frants C. - 17th January 2017
staying in Zastron, Vrystaat
Sal graag langer in Zastron wil bly sodat ek die groot rotsformasies kan verken wat oor Zastron uitkyk.
Lize L. - 16th January 2017
staying in Waverley, Vrystaat
Dit is 'n stil en rustige woonarea met pragtige tuine. Dit is naby die middestad van Bloemfontein en gerieflik naby winkels as jy iets nodig het of wil gaan eet.
Hentie B. - 15th January 2017
staying in Heuwelsig, Vrystaat
Straatname in die omgewing ontbreek.
Linda B. - 13th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n rustige dorpie met pragtige berge reg rondom. Winkels en eetplekke maak baie vroeg toe. Daar is baie aktiwiteite in die omgewing om aan deel te neem.
André P. - 13th January 2017
staying in Senekal, Vrystaat
Senekal Moederkerk (Klipkerk) is regtig 'n mooi kerk (as jy belangstel in argitektuur). Oons het ons ontbyt en kuier by die Senekal Padstal (langs die R70) baie geniet (kos en snuisterye). Beslis 'n pitstop werd.
Hillie M. - 13th January 2017
staying in Philippolis, Vrystaat
Philippolis is 'n pragtige dorpie, maar dit gaan vinnig agteruit.
Thabo N. - 12th January 2017
staying in Parys, Vrystaat
A very small, old town with a rich fame from the Vaal River.
Trienie C. - 12th January 2017
staying in Brandwag, Vrystaat
Baie goed. Kon teruggaan in tyd met weermag, ens.
Deon S. - 12th January 2017
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Baie goed geleë en naby alles. Vandaar kan jy enige ander plek binne 15 tot 20 minute bereik as die verkeer nie te besig is nie.
Sarel C. - 11th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Nie 'n kunskenner nie en daarom was 4 dae genoeg om alles te ervaar. Die berge is 'n belewenis!
Tiaan K. - 11th January 2017
staying in Bethulie, Vrystaat
Bethulie is 'n klein plekkie, geen gejaag of lawaai nie. Baie ou geboutjies met heelwat geskiedenis. Ons was ongelukkig laat op 'n publieke vakansiedag daar en kon nie dit ten volle geniet nie. Skoon, rustig en netjies. Baie veilig. Eg platteland.
Anel M. - 11th January 2017
staying in Universitas, Vrystaat
Goed vir oornagdoeleindes.
Elsebe B. - 11th January 2017
staying in Parys, Vrystaat
Dis jammer dat die museum gesluit was tydens ons tyd daar. Ons sou graag daar 'n draai wou gaan maak.
Ilana V. - 11th January 2017
staying in Parys, Vrystaat
Parys is 'n tipiese Vrystaatdorpie met aanleg. Die rivier en alles wat jy daar kan doen is baie opwindend. Breëstraat is natuurlik die grootste trekpleister vir my gewees.
Tjaart V. - 11th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n goeie sentrale punt om baie van die Oos-Vrystaat te sien. Dit is regtig 'n baie mooi omgewing en natuurskoon. Die mense is vriendelik alhoewel ek dink dat Clarens baie meer potesiaal het as wat die sakegemeenskap daarvan maak. Ons geniet dit om Clarens te besoek.
Mike T. - 10th January 2017
staying in Trompsburg, Vrystaat
Oulike dorpie.
Leanda S. - 10th January 2017
staying in Kroonstad, Vrystaat
Die strate is erg verwaarloos.
Adrinette M. - 10th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Ons het Clarens in Desember 2016 besoek en die omgewing was lieflik groen en beeldskoon. Dis 'n absolute moet vir natuurliefhebbers. Die dorpie bied ongelukkig nie 'n groot verskeidenheid winkels wat kruideniersware verkoop nie, so bring maar saam wat jy nodig het (veral oor die piek Desember tydperk). 'n Besoek aan die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n moet as 'n mens 'n paar dae in Clarens is.
Elizna F. - 10th January 2017
staying in Parys, Vrystaat
Dit was so vreemd dat baie van die restaurante toe was en dit was hoog seisoen (eerste week in Januarie). Behalwe daarvoor is daar regtig oulike winkeltjies om jou dag om te shop as die man gaan pap gooi.
Tjaart V. - 10th January 2017
staying in Universitas, Vrystaat
Dit is gerieflik naby koopsentrums, die Universiteit asook toegang tot die N1 snelweg.
Stefan K. - 10th January 2017
staying in Philippolis, Vrystaat
Philipolis is een van daardie mooi klein dorpies wat meeste mense mis ry. Beslis die moeite werd om ten minste een keer daar verby te gaan as jy nog nie daar was nie.
Trevor L. - 10th January 2017
staying in Bethulie, Vrystaat
Eerste keer wat ons daar was maar sal beslis weer inloer as die geleentheid hom voordoen.
Bianca W. - 10th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n pragtige plekkie, was heerlik om al die winkeltjies en eetplekke te besoek en net die skoonheid te bewonder. Die diens in meeste van die restaurante is iets wat kan verbeter, maar andersins was dit baie aangenaam. Sal vir seker weer gaan vir 'n wegbreek tydjie.
Wimpie O. - 9th January 2017
staying in Rosendal, Vrystaat
Baie potensiaal.
Janine V. - 9th January 2017
staying in Parys, Vrystaat
Ek was baie teleurgesteld dat Mimosa Tuine se swembad ens. toegemaak het. Ek het oral in die dorp rondgevra maar niemand het geweet waar ek die kinders kon vat nie. Behalwe dat ek nie 'n swembad kon kry nie, is Parys 'n baie rustige, skoon en veilige dorpie. Perfek om weg te breek van die stad se gejaag!
Jacinta V. - 9th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Baie veilige dorp met baie interessante klein plekkies en winkels binne loopafstand.
Ilana V. - 9th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is vir ons 'n pragtige skilderagtig dorpie en dit vreeslik geniet en ons beplan om die toekoms weer 'n draai te gaan maak. Het die winkels en restaurante baie geniet en hope foto's geneem. Dit is baie skoon en vriendelike dorp.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za