Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"Dit is die ideale plek as jy belangstel in oudhede. Daar is baie klein winkeltjies met interessante items vir oud en jonk."
"As dit bietjie goedkoper was, sou mens dalk meer gereeld so naweek kan beplan."
"Die dorp is skoon en die mense is vriendelik. Ideaal vir wegbreek van die besige stadslewe."
"'n Suid-Vrystaatse kleinnood op die agterpad. Verlaat gerus die N1, vir wye, ongerepte landskap."
"Al moes ons vroeg vertrek, was ons verras oor die baie winkels wat antieke items verkoop. Personeel van Sasol-garage, naaste aan middedorp, baie vriendelik en bedien kliënte in hul eie taal."
"Die plek wat aan almal se smaak sal voldoen in 'n rustige vakansie-atmosfeer met ongeskonde natuurtonele."
"Selfde probleem as meeste plattelandse dorpe. Geen infrastruktuur-instandhouding."
"Ek gaan vir die berge, die vars lug en die atmosfeer. Dis heerlik om die berge om elke hoek en draai te sien wanneer jy deur die winkels snuffel of 'n ete by een van die baie restaurante geniet, of sommer net wanneer jy jou oë oopmaak in die oggend."
"Die toerisme bedryf vat definitief sy knou in daardie areas, paaie gaan baie agteruit. Sal nie die pad tussen Fouriesburg en Ficksburg in die nag aandurf nie."
"Mense is vriendelik. Hul restaurante is puik met baie goeie steaks. Die mense weet wat goeie vleis is."
"Luilekker. Doen moeite om met diese plek se mense te gesels en te kuier. Lekker lekker mense."
"Left a piece of my heart in this beautiful destination. Will definitely be back!"
"My eerste keer in Kroonstad. Het nooit besef die dorp is so groot en goed bestuur nie. Baie netjiese winkelsentrum naby met alles wat ons nodig gehad het vir braai."
"'n Wonderlike dorpie en beslis 'n besoek werd. Sal definitief weer daar gaan kuier."
"Clarens is 'n pragtige dorpie met baie winkeltjies vir mense wat daarvan hou om rond te kyk en 'n geldjie het om te spandeer. Die restaurante is volop en maak dit maklik toeganklik om 'n ietsie te eet iewers op die roete van ontdekking. Golden Gate wat naby geleë is, maak dat Clarens 'n ideale plek is vir beide die voordele van berge en dorp."
"Natuur is pragtig en vol verrassings. Mense is vriendelik en behulpsaam. Kooperasie Restuarant het die beste kos en diens."