Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.36 uit 5 gekry volgens 5876 resensies.
Piet V. - 21st July 2016
staying in Pellissier, Vrystaat
Heel sentraal vanwaar ons gery het na die venue. Lekker stil en skoon area.
Estelle V. - 20th July 2016
staying in Parys, Vrystaat
Parys is lekker met antieke winkels en eetplekke. Lekker vir 'n naweek. Strate kort net aandag en meer naglewe op naweke en laat middae sal aanbeveel word.
Henry V. - 18th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Wonderlike dorp, lekker bergfietsroetes en pragtige golfbaan!
Johan L. - 18th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Ons kom weer - maar wil dit volgende keer in die somer doen.
Nella M. - 17th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is een van ons gunsteling plekke om te besoek en probeer om ten minste een keer per jaar Clarens te besoek.
Martin V. - 15th July 2016
staying in Parys, Vrystaat
Ons hou van Parys sal weer graag wil gaan.
Andrew A. - 15th July 2016
staying in Parys, Vrystaat
We will return!
Charles J. - 15th July 2016
staying in Parys, Vrystaat
Parys is wonderlik... Ons was 4 dae daar, maar nog 'n 7 dag week sou dalk genoeg gewees het om orals te kyk en geniet. Dit is beslis 'n plekkie waarheen jy kan verdwyn! Heerlik!
Deon S. - 15th July 2016
staying in Universitas, Vrystaat
Baie sentraal geleë en dit is 'n relatief rustige, stil omgewing.
Driekie H. - 15th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is altyd 'n gunsteling vir ons omdat daar so baie is om te doen en te sien. Dit is 'n maklike vakansie met kinders.
Koos E. - 14th July 2016
staying in Dagbreek, Vrystaat
Slegs oorgeslaap.
Riaan B. - 14th July 2016
staying in Parys, Vrystaat
Love die plek.
Fe V. - 14th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Plek se netheid laat veel te wense oor! Sypaadjies onnetjies en ongelyk. Hulle kan gerus die pad om die middelste eiland 'n one way maak, dit sal menige probleme oplos. Egter steeds 'n lieflike bestemming!
Fanie K. - 14th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Winkels moet oppas om dieselfe produk te verkoop.
Qwie K. - 14th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie besig met duisende besoekers. Restaurante is oorvol en dit is belangrik om vooraf te bespreek anders gaan jy sukkel om 'n eetplek te kry. 235@clanrens is egter so lekker dat jy net sowel by die huis kan bly en self kos maak. Daar is in elk geval Anna wat stiptelik om 09:00 elke oggend opdaag om skoon te maak. Clarens bly egter 'n baie mooi plek om te besoek.
Freda R. - 13th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Very nice town.
Divan S. - 13th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Perfek!
Erich P. - 12th July 2016
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Pragtige stad en gerieflike oornagfasiliteite indien daar oornag moet word!
Abé S. - 12th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Idillies, perfek, pragtige natuurskoon en meer as genoeg om vir naweek of selfs 'n weeklange wegbreek in Clarens en omgewing te doen. Baie vriendelike gemeenskap! Fantastiese winkeltjies en die keuse van eetplekke om in almal se smaak te val maak dit nog meer spesiaal. Clementines vir 'n heerlike aandete en atmosfeer kan verseker aanbeveel word.
Liska V. - 12th July 2016
staying in Parys, Vrystaat
Beslis 'n dorpie wat slaap in die week en wakker word oor 'n naweek. Dus kan jy kies waar jy wil inpas. Goeie restaurante en interessante winkels.
Gary G. - 12th July 2016
staying in Ventersburg, Vrystaat
Besoek verseker die enigte SAPS meuseum wat nog oop is in SA. Die curator is 'n awesome mens.
Danelize W. - 12th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorpie en 'n moet om daar te stop / oornag.
Louis B. - 11th July 2016
staying in Bethlehem, Vrystaat
Die Vrystaat het tog sy eie bekoring, al is dit 'n plat wêreld met ysige winters. Die vervoer infrastruktuur het aandag nodig. Paaie se toestande (binne en buite die dorp) bied nie altyd die veiligste moontlike rit vir reisigers nie.
Umari L. - 11th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is doodeenvoudig 'n MOET.
Madaleen V. - 11th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Kwaliteit produkte raak skaars en onbekostigbaar.
Helene G. - 11th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Dis jammer dat die winkels al 16:00 toemaak en dat sommige restaurante nie elke dag oop is gedurende die skoolvakansie nie.
Juan C. - 10th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is uniek en die natuur is asemrowend.
Heilie T. - 10th July 2016
staying in Parys, Vrystaat
Baie restaurante toe op Maandae en Dinsdae.
Chenelle S. - 10th July 2016
staying in Panorama, Vrystaat
Paaie in 'n slegte toestand!
Stella M. - 9th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige plekkie. Die mense is almal vriendelik en hulpvaardig.
David S. - 7th July 2016
staying in Bayswater, Vrystaat
Will definitely return.
Santie V. - 7th July 2016
staying in Pellissier, Vrystaat
Easy access on route to Cape Town. Very quiet neighbourhood.
William D. - 7th July 2016
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Dit is 'n gewone woongebied. Wegneemkos, bankgeriewe beskikbaar minder as 'n kilometer van die gastehuis.
Christa F. - 7th July 2016
staying in Springfontein, Vrystaat
Die dorp gaan maar dieselfde pad as die meeste klein plattelandse dorpies.
Louise M. - 7th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n pragtige dorpie tussen mooi berge. Baie om te sien en lekker eetplekke. Ons kuier gereeld daar.
Johnny G. - 7th July 2016
staying in Bloemfontein, Vrystaat
No comments, stayed one night only arrived in the dark left the next morning in the drak.
Jessica K. - 7th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
If you like a safe place to shop and wander around between restaurants and in nature, highly recommended!
Henk K. - 7th July 2016
staying in Clocolan, Vrystaat
Ons was by 'n troue by Zuikerkop net buite Clocolan, daarom het ons hier geslaap. As jy 'n plek soek waar daar regtig niks is vir sover jy kan sien nie, dan is hierdie die ideale wegbreek plek. Ons was egter lekker verras. Die oomblik wat jy begin kyk om te kyk sien jy daar gaan baie meer aan as wat jou eerste indrukke is.
Cornelius V. - 7th July 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie nice.
Heather P. - 5th July 2016
staying in Wepener, Vrystaat
Sorg net dat die GPS die korrekte toegangsroete tot die dorp bekom! Tyd was ook te min om regtig die dorp te verken. Dalk volgende keer langer kuier!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za