Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7972 resensies.
"Het nooit geweet daar is sulke mooi plekkies in die Vrystaat nie. Ek is mal daaroor!"
"Besoek die langste brug in SA, Kampkerhof. Oor die algemeen 'n baie rustige en stil dorpie."
"Het net een supermark en hy is buitensporig duur. Clarens is pragtig en sal weer teruggaan om te kuier."
"Dit is 'n interessante ou dorpie om vinnig te verken. Daar lê baie geskiedenis opgesluit oor die konsentrasiekampe, ens. Die Hennie Steyn-brug is baie indrukwekkend."
"The town need to invest in a water/entertainment park, where tourists can spend their summer days there. "
"Vriendelike petroljoggies. Sien nie enige toeriste-aantreklikhede in die dorp nie. "
"Was uiters verras met hierdie pragtige klein dorpie en al sy winkels en dinge om te doen."
"Daar is soveel om te doen en te besoek. Ons gaan definitief weer Parys besoek."
"Clarens is so rustig en daar is so baie om te sien. Ons was verlede jaar drie keer daar en beplan om weer te gaan."
"Baie goed. Meer aandag aan rolstoelvriendelike sypaadjies en ingange na winkels is beslis nodig."
"'n Besoek aan die Hennie Steyn-brug om die sonsondergang te beleef is 'n moet. 'n Besoek aan die konsentrasiekamp begraafplaas is baie hartseer. Die Ou Kar restaurant met sy smaaklike etes, billike pryse en lekker mense is 'n absolute positief."
"Pragtige natuurskoon omring die dorpie. Clarens se dorpsgebied was netjies en skoon. Munisipale instandhouding was sigbaar, dankie daarvoor. Interessante winkeltjies wat beslis nie die gewone tipe curios te koop aanbied nie."
"Die dorpie is die perfekte naweek bestemming. Net genoeg om in 'n naweek by alles uit te kom en te voel jy het alles gesien!"
"Stoepsit Restaurant is 'n moet as jy in Philippolis kuier. Heerlike kos, uitstekende en vriendelike diens en baie billike pryse."
"Clarens is besonders, natuurskoon ongelooflik mooi. Kort of lang besoeke is altyd iets om te onthou."
"Dit is die juweel van die Vrystaat. Dit is 'n baie mooi dorpie en daar is baie om te doen. Al wat net nie lekker was nie is die meeste van die restaurante bedien net kos tot 18:00. As jy nie dan al iets bestel het nie dan is dit nou maar so."
"Dit lyk na 'n oulike dorp met 'n paar interessante eetplekke. Affi Plaas restaurant by die BP garage het vir ons baie lekker kos gemaak teen 'n billike prys en porsies."
"Lovely, small town. We visited in summer, and walked everywhere. There is some nice Geocaching locations, and too many shops to make a stop at. Gideon Groenewald's dinosaur tours and the brewery is a must see!"