Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Fouriesburg is verskriklik mooi. Die slaghuis het die lekkerste biltong gehad. Die mense is vriendelik en almal is net rustig. "
"Baie winkeltjies en restaurante. Die Portugeuse restaurant se personeel was onvriendelik. Die ander restaurant maak of vroeg toe, of is baie besig, of jy wag vir 'n tafel en as jy een kry, wag jy vir diens en kos. Ons kon rustig deur die sakekern stap in 'n kort tydjie en al die winkels was stapafstand. Die Saterdag was daar ook vele stalletjies op die plein. Dit was duidelik wie was die besoekers/toeriste (stil en rustig), en van die mense van die dorp/omgewing. Die mense van die dorp/omgewing is die wat met klipharde musiek en oop vensters die rustige atmosfeer versteur. "
"Fouriesburg is 'n pragtige ou dorpie met een of twee oulike eetplekkies. Goeie oornagbestemming of vir 'n stil rustige naweek saam vriende en familie."
"Bethlehem is 'n gemaklike basis waarvandaan die groter omgewing verken kan word na plekke soos Clarens en Fouriesburg. ens. "
"Rustige dorpie met baie plekkies om te sien. Die vierwielmotorfietse by Earth Adventures was baie pret en Die Blakermaker-winkel was baie interessant. Net jammer die Dog & Fig-brouery was gesluit vir 'n funksie. Ons sal maar volgende keer daar omgaan. "
"Dit is ons tweede keer hierdie jaar wat ons by Fouriesburg was en ons sal beslis weer en weer gaan. Dit is beeldskoon!"
"Baie en lekker restaurante, interessante winkels en galerye om te sien. Die omgewing is baie mooi en skoon."
"The area was peaceful and it was a lovely break away from the busy Cape Town city life. Welkom needs more Halaal takeaways and restaurants though. "
"Rustige en pragtige dorpie. Ideaal geleë vir 'n vinnige wegbreeknaweek. Beslis die moeite werd."
"Diens bly maar 'n probleem by eetplekke. Lekker plek om te ontspan en sy natuurskoon is onbeskryflik."
"Die dorpie as sulks is 'n kunstenaar se droom, maar die winkeltjies is net baie duur aangesien dit uitsluitlik op toerisme gemik is. Die omgewing spreek God se almag. Hierdie is 'n plek waar ek sal kan bly. "