Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11278 resensies.
"Die oulikste dorpie wat ek in 'n lang tyd besoek het. Ek sal môre daarheen verhuis as ek die geleentheid kry. Daar is meer as genoeg vir besoekers om te doen. 'n Besoek aan Gay’s Guernsey Dairy en 'n ete by Karoo Kombuis moet op almal se lysie wees."
"Die Camdebo natuurreservaat is uniek en 'n moet vir besoekers. Die ou geboue van Graaff-Reinet is bekoorlik en die restaurante en museums uitstekend."
"Goed om daar te oornag. As jy nie watersport doen nie is jou aktiwiteite beperk."
"Camdeboo Nasionale Park - Valley of desilation en Nieu-Bethesta is die mooite werd om te besoek. Die dorp se architekture is besonder uniek"
"Nie 'n toeristebestemming nie tensy jy op 'n plaas of natuurreseaat buite die dorp tuisgaan/besoek. Die dorp self nie goed nie en verwaarloos. Ry net deur."
"Die mense op hierdie dorp ken gasvryheid. Die Black Room en MAPS is 'n moet stop. Richmond spog met talle goeie gastehuise waarvan Kliphuijs en Richmond Cafe &Rooms van die beste gehalte is. Die eienaars van Richmond Cafe&Rooms besit ook die Karoo Padstal wat na ons beskeie mening die beste padstal is in SA."
"Die dorp het meer toeriste nodig. Dit het soveel om te bied. Ons het Mnr. Visagie by Transgariep museum ontmoet en die geskiedenis van witblits en die perdeskoue was so mooi verduidelik. Die eienareses van die dorpshotel en Pitstop is voorbeelde van hoe mense die platteland lewendig hou. Ons sal die dorp vir altyd onthou!"
"Britstown itself has no tourist attractions but is a great transit hotel for long-distance travelers between the far north and south of SA."