Geverifieerde Resensie
Kruger National Park South
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2012 resensies.
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Die Hartbeeshuisie"Baie mooi en rustig en die perfekte plek om te ontspan."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Buffalo Chalets Marloth Park"Jammer dat die aantal huise wat gebou mag word nie beperk is nie, mag dalk later die diere in die omgewing negatief beïnvloed."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Big Tuskers Bush Camp"Moet 'n fooi by die hek vra om in te gaan dan sal daar minder misdaad wees. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"Baie mooi! Jy kan regtig vir 'n "African Safari outing" daar gaan bly. Diere is baie mak. Bosbokkies en koedoes eet uit jou hand. Grens aan die Krugerwildtuin. So jy kan van die diere ook sien wat in die Wildtuin rondloop. Dit was een van ons beste vakansie! "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Wildgoose Self-catering Lodge"Die diens by van die eetplekke in Marloth is maar redelik swak. Die Watergat is lekker sentraal geleë en het 'n swembad vir mense om te gebruik teen 'n fooi, maar die diens van die kelners kan verbeter. Daar is wel nou 'n waterpark met glybane wat die kinders veral geniet. Mens kan daar braai en kuier vir die dag. Daar is ook ander eetplekke wat ek eerder sal aan beveel. By Aamazing River View is die diens bietjie beter, maar mens kry darem ekstra voordeel met 'n 'view' oor die rivier - die plek is by Henk van Rooyen karavaan park in Marloth. Nog 'n eetplek is Phumula Kruger Lodge wat 'n lekker restaurant bied met goeie kos. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Mopani Manor"Ek kan Marloth Park aanbeveel vir enige iemand wat net na rustigheid soek en dis naby aan Komatipoort. As jy iets nodig het wat nie daar beskikbaar is nie. Nog 'n pluspunt is die Krokodilbrug. Al wat ek opgeval het, dit was ook maar die tyd wat ons daar was, was die “waste containers" in hoofpad was bietjie van 'n oogseer, en van die diere het daar gaan rondkrap. Glo nie daar was dienste beskikbaar van voor Kersfees, wat opruiming gedoen het nie. Maar andersins was ons verblyf baie aangenaam."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
4230 Impala"Friendly people, clean & my ideal place to relax. Animals coming to visit always a highlight. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Vuurvliegie en Sonbesie"Was my eerste besoek aan die park en sal beslis weer gaan."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Jackalberry Ridge - Dream Resorts"Wonderful to say so many wild animals roaming around, my first time to Marloth Park and I would be back again."
"The southern Kruger National Park is much busier than the northern half, which I prefer, but is more than worth the trip. Be sure to take it slow and enjoy all the facilities in each camp. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation"Die park kan gerus hulle grondpaaie beter in stand hou. Verder is dit 'n wonderlike vakansiebestemming. Ons het elke keer wat ons daar was, dit baie geniet."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Martys Place"Wonderlike omgewing om te gaan rus. Het die wild geniet en rustig rondry."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Soetdoring 1622-B Self-catering Moddervis"Baie in die natuur, met voëls wat jou wakker sing."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Big Tuskers Bush Camp"Extremely well coordinated community."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
The Promised Land"Pragtige rustige omgewing, wonderlike natuur en diere."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Zazu Cottage"Baie diere wat rond beweeg, definitief gemaak vir iemand wat van die bos hou, sal sonder twyfel weer Marloth Park to gaan."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Serenity Du Bois Lodge"Dit is vreeslik mooi. Sal enige tyd weer daar gaan kuier. Baie wild is gesien."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"'n Moet vir enige natuurliefhebber."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
4332 Soenie Street Hakuna Matata"Altyd rustig en alles is skoon. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Bosbok Chalets"Baie rustig en genoeg diere en regte plek om te rus en ontspan."