Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Marloth Park

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3395 resensies.

Marlothpark

Morgenster

"Ideale plekkie om eendag te kan aftree. Veral as jy van die Bosveld hou."

Marlothpark

Die Hartbeeshuisie

"Besoek Marloth vir die laaste 28 jaar ongeveer 3 keer 'n jaar. Sal die 400 km met plesier ry vir die rustigheid."

Marlothpark

Eden @ Marloth

"Baie lekker. Olifantsweg se lawaai kan net met tye die bosgevoel wegneem."

Marlothpark

Luiperd Bush Retreat

"Heerlik rustig, baie veilig gevoel. Baie netjies."

Marlothpark

VuguVugu

"Besoek hierdie bestemming beslis."

Marlothpark

Korhaan Self-Catering Cottage

"Marloth bly nou maar net ’n diamant van ’n bestemming. Dit verskaf rus vir die siel en soveel meer."

Marlothpark

Doringpoort Luxury Holiday Home

"Marloth park is minute van die Kruger Wildtuin se Krokodilbrug hek af, net met goedkoper en gemakliker verblyf en meer om te doen wanneer die kinders moeg raak vir wildsritte. Marloth is stil en vreedsaam en pure bos - jy mag heel moontlik kameelperde, zebras, blouwildebeeste, rooibokke, muishonde en koedoes raakloop as jy bietjie gaan stap, of sommer op jou stoep as daar 'n voertrof of water naby is. Gaan slaap met die gebrul van leeus in die agtergrond en word wakker met die geroep van die visarend."

Marlothpark

Phumangeni Marloth Park

"Baie skoon en netjies. Heerlik in die bos met al die geriewe."

Marlothpark

Innibos

"Ry asb. stadig vir die diere."

Marlothpark

Kruger Kurper Villas

"Unieke bos-ervaring met volop wild."

Marlothpark

Hyenas Call

"Don't buy braai wood at the gates to Marlothpark as it's usually wet! Buy from the winkel."

Marlothpark

Martys Place

"Marloth Park is baie besig rondom Olifantstraat. Ons verkies om nie meer naby Olifantstraat te bly nie, want die gewoel is net te veel. Die bos-ervaring is reeds daarmee heen. Ons hoop dat die res nog behoue sal bly soos die verblyf nader aan die rivier beweeg."

Marlothpark

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Dis altyd 'n goeie rustydjie."

Marlothpark

Marloth Getaway

"'n Dorpie wat besig is om geweldig uit te brei. Die besigheidsmense moet dit nie agterwee laat nie, so moenie die mense wat gereeld daar kom, elke keer verras met stygende pryse nie. Daar is dié wat vergeet mense stop op Malelane of elders om inkopies te doen. Mense koop as hulle regtig vasbrand daar. Die paaie is skokkend vanaf twee maande gelede, onrybaar met 'n motor behalwe 'n 4x4, niks is sedertdien gedoen om dit rybaar te maak nie wat mense twee keer laat dink om weer te kom. Tariewe vir vakansiehuise het belaglik duur geword en sommige eienaars vra tariewe per persoon as jy die hele huis huur wat 6 mense kan slaap met beperkte geriewe. "

Marlothpark

Big Tuskers Bush Camp

"Die grondpaaie is regtig baie sleg so as jy nie 'n bakkie het nie kan jy nie na die rivier se kant toe ry om die diere te kyk nie."

Marlothpark

Africa Sepungu Safaris

"Sal weer na Marloth Park toe gaan."

Marlothpark

Linga Longa

"Close to nature experience."

Marlothpark

Kudus Crest Bush Retreat

"Loved the restaurant right on the Crocodile River. What a view. Marloth has everything you need, even a lovely bakery."

Marlothpark

Marloth Wild Fig

"Die enigste bekommernis was die hoeveelheid vreemdelinge wat deur die park loop, wat hulle voordoen as kontrakteurs en werkers. Veiligheid in die opsig was wel 'n bekommernis gewees."

Marlothpark

Kruger Simplicity House and Cottage

"Pragtige plek moet net die sekuriteit by ingang opskerp. Almal gaan in en uit sonder om te kyk of register te voltooi. Net vir veiligheidsdoeleindes, sal dit beter wees"

Marlothpark

African Bush Backpackers

"Baie lekker ─ gaan daar kom aftree."

Marlothpark

Bushwise Safari Lodge Kruger Park

"It's a great place for to take a serious break from the busy life of the city."

Marlothpark

Kruger Maroela Lodge

"Beautiful place, just love it."

Marlothpark

Maningwe

"Marlothpark, is 'n pragplek. Geniet die stil natuurskoonlewe daar."

Marlothpark

Klein Paradys

"For first timers to Marloth Park, like ourselves, the sand and rough roads should be advertised, so one is prepared."

Marlothpark

Lion's Lair

"Dit is net vêr, maar die moeite werd om soontoe te gaan. Ek het meer diere in Marloth gesien as die dag toe ons in die wildtuin was. Ek sal beslis weer gaan, saam met my kinders ook."

Marlothpark

Ruslekka

"Dis jammer dat die paaie so verspoel het en min onderhoud gedoen word, want ons ouens met die sedan motors kon min plekke ry."

Marlothpark

Leeus Villa & Cottage

"Really nice place to holiday. Just a pity of all the rubbish next to the main road and in the Bush."

Blad
Blad 47 - Wys 1381 tot 1410
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem