Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6854 resensies.
"Dis 'n baie skoon en netjiese plek. Strande is mooi skoon en die mense is vriendelik. Het op geen manier onveilig gevoel."
"Lieflike dorpie, vriendelike mense, beste pizza by Blikkies in die land. Net bekommerd oor veiligheid. Mense het baie sekuriteitsmaatreëls in plek laat mens wonder hoekom."
"Great ambience. Not over commercialised. Still has a soul. Development has not killed the charm I remember from my youth."
"Die lekkerste seekos geniet by Seeplaas Restaurant, stapafstand van blyplek."
"Rustig en stil en `n plek om te ontspan en kop skoon te maak. Die baai met die hawe en die seevoels skep `n besondere lekker atmosfeer."
"Vredenburg se mense is wat ek van die dorp mis. Al hoekom ek'n? 3 gegee het, as jy verkies om by die see uit te span, moet jy ry na die see, maar soos ek reeds gesê het as jy die omgewing wil verken is die dorp baie sentraal geleë, met die nodige infrastruktuur."
"A lovely spot close to Cape Town with a beautiful beach, nice restaurants and good facilities."
"Daar is slegs een kaffee/restaurant wat Maandae en Dinsdae gesluit is. Strand is nie besonders aantreklik nie."
"Dwarskersbos was nog altyd 1 van ons gunstelinge. Rustige, veilige dorpie. ’n Móét besoek plekkie."
"'n Fantastiese Weskus-dorpie. Stil, met pragtige strande en loopareas, en ook 'n baie goeie Spar wat alles het wat mens nodig het."
"Yzerfontein is rustig. So rustig dat daar omtrent net een restaurant oop is tydens af-seisoen, so ek sou nie die avontuurlustige siele aanraai om daarheen te gaan nie. Vir 'n paar dae se afskakel is dit egter perfek. Die strand is pragtig wit en die dorpie is lekker stil."
"Ons kuier baie kere op die Weskus. Dis 'n lekker area om rond te toer met vriendelike mense."
"Geniet die dorp, maar was nie 'n mooi gesig om te sien dat soveel jong mense op die strand alkohol gebruik en harde musiek luister nie. En die paadjie by die jetty het middag drankbaan geraak vir jong kinders waar hulle oop en bloot hulle vergryp het aan drank en dwelms. Dit is nogal 'n afskrikding. Ek dink polisie en leiers van die gemeenskap kan regtig iets doen. Kon sien dat geen Covid-protokol gevolg was vir die dagkamp nie. Maar dit is 'n lekker vriendelike dorpie, so ek dink dit is ietsie klein wat later 'n slegte inpak op die dorp kan maak. So as daar nou aan dit gewerk word, kan dit net beter gaan. Dit is altyd lekker om daarheen te gaan, maar sal hartseer wees as sulke goed maak dat ons ander kuierbestemming moet kies. Sien uit om volgende keer weer daar lekker te kom afpak."
"Absoluut verlief geraak op die plek! Die uitsig is stunning. Soveel lekker goed om te doen in die omgewing. Kaapstad is ook lekker naby."
"Ai, ons sal Paternoster graag ons tuisdorpie wil maak. Hou van die stilte en die natuurlike omgewing."