Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6600 resensies.
"Strandfontein het een restaurant en winkeltjie met beperkte items. Met goeie kookgeriewe kan mens eerder self kos saamneem. Karavaanpark baie netjies."
"Paternoster is 'n juweel. Ongerep en opvallend skoon. Die restaurante is egter ongelooflik duur."
"Was jammer en vreemd om al die strande leeg te sien gedurende grendel-tydperk vlak 3."
"Ongelukkig is daar soos in baie ander vakansiedorpe swak elemente wat jou verblyf kan benadeel, asook Covid."
"Mooiste uitsig oor die dorp vanaf Atlantic Drive, genoeg restaurante en padstalle om te verken, Darling is naby genoeg vir ’n lekker daguitstappie met baie om te verken, maar die ontspanne en rustige atmosfeer en vriendelike mense is die ware prys."
"Not much to do in Lamberts Bay I must say especially that we couldn't really eat out due to the lockdown. The lunch at Muisbosskerm was simply a feast!"
"'n Wonderlike vakansie met goeie herinneringe. Baie dankie vir die moeite."
"Langebaan is self ’n heerlike vakansieplek en ook goed geleë vir daguistappies in omgewing."
"Dit is ‘n bekoorlike dorpie en dit laat jou voel of jy op ‘n eiland is. Die verhoudinge tussen die mensies in die dorp en hul interaksie met buitestaanders is warm en kosbaar. Ons was dankbaar oor die visplekkkie op die strand waar die visserbote in en uitgaan, en Blikkies pizza. Hul maak uiteet meer bekostigbaar vir Suid Afrikaners en hul kos en diens is puik. Ons sal definitief weer teruggaan Paternoster toe. Wat ‘n kosbare kusdorpie."
"If you want to relax and have a few good meals, Paternoster is just the place. Except for the endless wind, lovely. Restaurants are a bit pricey. Cathy's Kitchen is a breath of fresh air and Abalone Spa a good find."