Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6854 reviews.
"'n Mens kom Elandsbaai toe met die doel om te surf. Ongelukkig is die groot huis-paleise besig om die sorgvrye Weskus-karakter van die dorp te steel."
"Wanneer jy wil afpak en ontspan bied Jacobsbaai die beste. Dit is 'n juweel aan die Weskus."
"Baie hartseer oor die effe verval van die Weskusdorpie. By Bird Island het die plastiek saam met heelwat dooie kommorante in die hawe gedryf. Nee man Cape Nature en plaaslike munisipaliteit!"
"Kultuur is uniek en vriendelik. Mens voel so tuis in Strandfontein. Dis skoon, en die dienslewering is 5-ster gehalte."
"Paternoster is 'n goed geleë dorpie langs die Weskus om die res van die Weskus te verken. Verskeie restaurante om elke smaak te bevredig. Die nuwe Paternoster waterfront is 'n goeie toevoeging tot die toerismebedryf. Maak tyd om E-bikes te ry en op die rustige waters in die baai met 'n kayak te ontspan."
"Besoek definitief Yzerbru en die bakkery daar langsaan. Beaches is 'n wonderlike restaurant."
"Dis 'n pragtige en gasvrye dorp. Ons het 'n troue bygewoon, maar sal beslis weer die Weskus dorp besoek!"
"Die plaaslike winkeltjie in Britanniabaai is goed toegerus indien jy iets vergeet het, want hulle is maar redelik ver van al die groot winkels af."
"Freyers Cove in Doringbaai en Kommietjie in Strandfontein het albei mooi uitsigte en die lekkerste kos teen goeie pryse."
"Baie mooi area, maar smouse is ’n groot probleem. Ook baie vuil strate met rommel wat op die strand en voor restaurante lê. Ek vermoed dat diefstal 'n probleem kan wees en sal nie alleen langs die strand gaan stap nie."