Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6547 resensies.
"Paternoster is klein genoeg om 'n wegbreek van die gedruis te beleef. Die mense is vriendelik en behulpsaam."
"Vir die persoon wat lekker wil gaan rus en kop skoonmaak, is Lambertsbaai die plek. Immers daar gebore en sal altyd my wortels daar gaan optel. "
"Die WP se Paternoster lyk soos Griekeland se Mykonos en is goed ingerig vir toeriste. Goeie verblyf, veilig, strate goed bygehou en lekker eetplekke."
"Raak minder aantreklik soos tyd aanstap, vanweë oorbevolking en digtheid van behuising. Die intieme kusdorp-gevoel is finaal weg. "
"Nooit geweet dat Hannasbaai so 'n mooi strand is nie en so mooi strandhuise op die see het nie. Baie beïndruk"
"Paternoster is 'n regte droomdorpie, goed geleë tussen soveel mooi plekke en naby Weskus Mall as mens aankope wil doen. Jammer net dat die crime so 'n probleem is, maar andersins was dit net 'n voorreg om daar te kon wees."
"Beautiful town with such lovely little shops one could spend hours in. Great beach. So many dining options and all really good that it makes it hard to choose. Definitely head to the Lobster Wharf even if it's just for cocktails. We were so impressed with this special place and cannot wait to visit again."
"If you are wanting to see flowers, do it before October. We were disappointed that the flowers were already dead, but it was due to the lack of rain in the area. If we had had more time we would have travelled further North to Clanwilliam, but we only had two days so we got as far a Citrusdal. Great fun and lots of interesting villages along the way. We loved the Marmalade Cat in Darling."
"Baie mooi plekkie om te besoek. Jy voel werklik veilig hier. Dis ideaal as jy wil wegbreek van die stad se woelinge sowel as al die tegnologie waarmee ons heeldag gebombardeer word. As jy jouself kan vermaak, is dit die plek vir jou."
Longacres Country Landgoed, Weskus
Long Acres Bahamas Accommodation"Good area with huge potential for further development, expansion and some up-market/high-end amenities and facilities."
"Yzerfontein is so naby aan Kaapstad dat dit vinnig en maklik is om net 'n lekker wegbreek te hê."
"Sterker teenwoordigheid van polisie en armed response companies, veral by Gaaitjie en hawe se kant met party smouse wat nie nee vir 'n antwoord vat nie en op mekaar vloek."
"Baie bly oor Spar wat oop was op die Sondag. Die nuwe park vir die gemeenskap was baie lekker. Vir iemand wat nie gereeld oefen nie, sal al die toerusting jou vinnig aanspoor om weg te kom voor die TV."