Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3581 resensies.
"Besoek gerus die Somerset Mall. Die diens is vriendelik die mall netjies, skoon en veilig met a gholfkarretjie vir vervoer indien nodig en baie lekker eetplekke."
"Eerste keer dat ons Tulbagh besoek het. Aangenaam verras met die vriendelike mense, pragtige besienswaardighede en geskiedenis van die dorp."
"Die rustigheid en oorspronklikheid, asook vriendelikheid van die mense in die Vallei, staan uit. Die verskeidenheid eetplekke is ook 'n pluspunt. Sal weer gaan."
"Daar is genoeg om jou vir twee tot drie dae besig te hou. Maar indien jy beplan om langer te bly moet jy maar bereid wees om na ander dorpe ook te ry."
"Riebeek-Kasteel is bietjie van 'n geheim. Mooie plek (ek raak regtig liries daaroor) en ook sentraal geleë om plekke naby te besoek."
"Ons gaan net weer en weer, want dit het alles vir 'n moeë liggaam en gees. 'n Woolies sal gaaf wees."
"Ons was Maandagoggend so teen 10 uur in Tulbagh. Die Toerismekantoor was gesluit, so ons kon geen inligting kry oor Tulbagh nie. Ons het ook nie 'n plek gekry waar ons ontbyt kon eet nie."
"Stellenbosch is hemel op aarde. Dit het die mooiste berge en daar is soveel om te doen. Mens kan nie verveeld raak nie. Die plek stimuleer jou kreatiewe kant en sal graag eendag daar wil woon."
"Make sure that you contact Morena (Franschoek Pass Winery) to taste and buy the best kept secret of South African MCC Champagnes and even get the French Thierry Lesne at decent prices! The Brut Rose is a winner!"
"Snags is dit nogal rumoerig en die karre raas ... maar dan oorskadu die parkeer en stap gerief die rumoer."