Geverifieerde Resensie
De Rust
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in De Rust bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 418 resensies.
"Ons het die lieflike kortpad na De Rust gery. Oulike dorpie om deur te snuffel."
"Beste plekkie om ietsie te eet is by The Village Trading Post. Vriendelike diens en lekker kos."
"Dit is 'n pragtige dorpie en ons was beïndruk. Die dorpie is ook so naby aan Numbi Valley, dit maak dit gerieflik as mens iets kort."
"De Rust self bied nie teveel nie, maar dit is sentraal geleë en perfek om vir n dag deur te ry na Prince Albert, Oudtshoorn, George, ens. "
"Die belangrikste punt omtrent De Rust is dat die ingang is vir die pragtigste reis deur die Meiringspoort (die mooiste natuurskoon in die hele SA)."
"De Rust is 'n pragtige klein dorpie. Ons kan sien dat die dorp in die afgelope jaar opgradering ondergaan het!"
"Ons is ongelukkig vroeg uit en laat in. Kon dus nie veel van die dorp geniet of besoek nie."
"As jy dink aan aftree definitief 5 ster aftree dorp. Of as jy nie meer lus is vir die stad, verhuis vandag nog."
"Besonder mooi en rustig. Ons was ongelukkig baie kort daar, ons kon gerus 'n paar dae langer gebly het. Alles lyk baie interessant. Ons was deur Meiringspoort op en af. Die museum daar is besonder goed. Waterval pragtig, oppas vir gly op die gladde rotse. Sal graag weer gaan."
"Lekker rustige plek om te ontspan. Mense in De Rust is baie vriendelik en behulpsaam."
"De Rust is 'n móét besoek dorpie, waar alles skoon en netjies is. Die vriendelikste, gasvry mense. Oulike restaurant en koffiewinkels. Pragtige natuurskoon."
"Dit is nog 'n ou wêreldse sjarme in die hele dorpie. Mens voel dadelik tuis en rustig. "
"Bekoorlike dorpie met vriendelike mense. Baie mooi en rustig."
"It has a lovely village feel about it. All the shop owners are super friendly and you can literally get everything you need in terms of supplies. Over holiday periods fresh fruit and veg sell out quickly. Coffee shops are excellent with free wireless and can definitely recommend Ray's. There are 2 petrol stations, wine shops, 2 little supermarkets, gift shops, great hairdresser up one of the side roads etc. and its just a couple of minutes drive from the farm."