Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Eerste indrukke met die hoofstraat lyk dit goed, maar ongelukkig is daar ander punte wat die dorp in 'n slegte posisie plaas."
"Dis baie gerieflik om by Gariepdam te oornag. Dit maak die reis-ervaring soveel gemakliker."
"Colesberg het my verras. Ons het ook 'n lekker restaurant - Inni Kraal - opgespoor deur Google wat 'n lekker verandering bied teenoor gewone kettingrestaurante."
"Hou nie baie van Prins Albert nie, maar die area buite die dorp is vir my fantasies. Mal oor die Karoo."
"Die plekkie is maar verwaarloos met baie bedelaars wat rondloop. Dit is maar dieselfde as elke ander klein Suid-Afrikaanse dorpie - kan sien die regering skeep erg af en werkloosheid aan die orde van die dag. Ek onthou as kind was dit 'n wonderlike klein dorpie, maar mens sien dit glad nie meer soos jy reis nie."
"Alhoewel die pitstop-vulstasies vir my bietjie agteruit gegaan het, lyk die infrastruktuur of dit nog goed werk, paaie word onderhou en dis nog mooi skoon langs en op die paaie."
"Daar is nie regtig iets in die omgewing te doen nie. Dit is definitief meer 'n oornagbestemming op 'n lang roete en nie regtig 'n toerismebestemming nie."