Geverifieerde Resensie
Knysna
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Knysna bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 779 resensies.
"Geen seekos of groot restaurante naby. Geen aanwysings na The Heads of toeriste aantreklikhede. Trokke op hoofpad is nogal steurend."
"Knysna is 'n wonderlike vakansiebestemming, baie om te doen en te ervaar!"
"Knysna is interessant en vol verrassings. Gewone mense in winkels gaan uit hul pad om mens van diens te wees."
"Die ligging en beeld van Knysna is perfek. Idillies en regtig 'n voorreg om te besoek. Ten spyte van die brande wat soveel skade aangerig het, was dit 'n prentjie mooi plek om by te gaan vakansie hou. Al die nabygeleë toeriste aantreklikhede het werklik gesorg vir 'n vol dag elke dag. Ons sal vir seker weer in Knysna en omgewing wil gaan vakanasie hou."
"Hierdie was ons eerste besoek in Knysna en was aangenaam verras oor die gasvryheid wat die dorpie bied. Daar is ook baie om te doen by die Waterfront en bied ongelooflike geleenthede vir toeriste aan om die aptyt van lewenslus aan te wakker! Ongelukkig is die mense by Spar op die dorp nie baie vriendelik nie, maar andersins het ons 'n goeie ervaring van die res van die dorp ontvang in die kort tyd wat ons gebly het."
"Voel net jammer vir die brand wat plaasgevind het. Kry die boere so jammer. "
"Ten spyte van die onlangse brande bly Knysna 'n gewilde toerisme-bestemming en die areas rondom die waterfront is onaangeraak. Die dorp se aanwysings na besienswaardighede kan egter opgeknap word. Weens die swaar verkeer is dit moeilik om in die strate te navigeer en kan mens nie sommer omdraai as jy 'n afdraai gemis het nie."
"Al het meeste van die natuur weg gebrand was dit steeds 'n wonderlike ervaring. Uitsig en sonsondergang was onbeskryflik mooi!"
"Knysna het 'n groot verkeersprobleem (selfs in die effense afseisoen). Die enkele toegangs- en deurpad is ontoereikend. Andersins skep Knysna en al die toerismebedrywighede 'n kleurvolle prentjie. Ek kan verstaan hoekom so baie die bestemming aanloklik vind!"
"Daar is 'n groot verskeidenheid aktiwiteite om aan deel te neem en restaurante om te beproe(f). Die omgewing is baie mooi en rustig."
"Die hoofroete deur Knysna is baie stiller a.g.v. die waterfront en 'n mens kom dit dadelik agter versus vorige jare. Restaurante baie duur in waterfront. "
"Dit is 'n pragtige plek en as jy in die woude ingaan besef jy die waarde van jou besoek."
"Oulike dorpie, alhoewel hulle pryse oor die algemeen meer op die buitelandse toeriste van toepassing is en nie Suid-Afrikaners wat kuier nie. "