Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3876 resensies.
"Moes FNB toe gaan om 'n kaart te vervang. Wat 'n wonderlike positiewe ervaring. Van die bankbestuurder wat jou by die deur kom ontvang tot die wonderlike uitgebreide diens deur die teller! Vyf-ster-diens."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Hornbill Lodge"Die diere wat deur die permanente inwoners gevoer word veroorsaak dat hulle geniepsig raak met die gaste wat aangesê is om hul nie te voer nie, waarmee ons 100% saamstem. Ons was met tye te bang om buite te sit, omdat van die diere op ons afstorm indien hulle agterkom ons gee nie vir hulle iets te ete nie. Ek sal voorstel dat die permanente inwoners ook nie die diere voer nie. Ons het so byna 'n insident met 'n kudu bul en 'n vlakvark beer gehad. Daar kan eerder sout lekke of water gebruik word om die diere te lok. Die paaie in die dorp is bitter moeilik begaanbaar sodra jy van die "hoofpad" afdraai om by jou akkommodasie uit te kom. Daar kan gerus aandag geskenk word aan die paaie. Die besige pad was ook nogal 'n steurnis veral in die aand om die braaivleis vure wanneer mens die stilte van die bos wil waardeer, maar verstaan ook dat niemand iets daaraan kan doen nie."
"Dit is definitief die moeite werd om daar te gaan kuier. Baie wild gesien en die mooiste uitsig."
"I wouldn't rate the town of Mookopong so much, but the surrounding areas have a lot to offer and is within 2 hours drive from Johannesburg."
"Dit is bietjie ver van die Orpen hek af. GoogleMaps het dit nader gewys. Moes kyk vir Orpen Gate Reception. Die pad is egter goed instandgehou. So dit was 'n plesier om te ry."
"Hoedspruit het ons aangenaam verras. Ons kon die Krugerwildtuin besoek maar ook 'n vaart op die Blyderivierdam en die canyon wat 'n absolute moet is!"
"Naby baie interessante punte. Kan die dorpie Haenertsburg besoek, Long tom Memorial en die waterval is 'n moet-sien. Long tom monument in Haenertsburg waar die kanon se stukke uitgestal word."
"Gaan eet iets by Mountain Lodge en gaan ry af in Bluegums-poort tot jy die groot bome vind."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Disa 336"The residence of Leeupoort Vakansiedorp is very friendly and helpful."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Ifafa 732 Akkommodasie"Small, very friendly community! I especially appreciated the lady at the veggie shop being friendly and helping us on a Sunday afternoon past business hours! Great place. Everyone needs to see this town."
"Gaande oor die dorp met sy baie eetplekke, slaghuise en winkels. Lekker hout is langs die pad te koop en Ina Lessing se konfyte en heuning oral beskikbaar by die vele padstalle. Dorp word mooi onderhou al was daar ‘n paar slaggate in die paaie!"
"Meeste van die besienswaardighede in die area is toe, ons neem maar aan as gevolg van Covid. So daar is nie juis veel om te doen nie."